Min
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Min (Vereenvoudigde Chinees: 闽语, Tradisionele Chinees: 閩語, pinyin: Mǐnyǔ, letterlik: "Min-taal") is 'n Sino-Tibettaanse taal of 'n dialek van Chinees wat in die Volksrepubliek China, die omstrede Republiek van China op Taiwan, Singapoer en deur Chinese oorsese gemeenskappe in Indonesië, Broenei, Filippyne, Maleisië, Mianmar, Thailand, Kambodja en Laos gepraat word. Die taal het sowat 60 miljoen sprekers en is daarmee die vierde mees verspreide dialek van Chinees naas Mandaryns, Wu en Kantonees. Dit word veral in die Suidoos-Chinese provinsies Fujian, Guangdong, Hainan, Zhejiang en Jiangsu gepraat.

Soos die ander Chinese tale word Min met Chinese karakters geskryf.
Remove ads
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Min.
Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir min.
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads

