Fujian

From Wikipedia, the free encyclopedia

Fujianmap
Remove ads

Fujian (Chinees: 福建, Pinyin: Fújiàn, ) is 'n provinsie van die Volksrepubliek China. In 2020 het dit 'n bevolking van sowat 41,5 miljoen gehad.

Kitsfeite Fujian 福建 (Chinees), Land ...
Thumb
Die woord "Fujian" in Chinese karakters

Fujian word begrens deur Zhejiang in die noorde, Jiangxi in die weste, Guangdong in die suide, en die Straat van Taiwan in die ooste. Sy hoofstad is Fuzhou, terwyl sy grootste stad volgens bevolking Quanzhou is, beide geleë naby die kus van die Straat van Taiwan in die ooste van die provinsie.

Alhoewel sy bevolking oorwegend van Chinese etnisiteit is, is dit een van die kultureel- en taal-diverste provinsies in China. Die dialekte van die taalgroep Min-Chinees word die meeste in die provinsie gepraat, insluitend die Fuzhou-dialek van noordoostelike Fujian en verskeie Hokkien-dialekte van suidoostelike Fujian. Hakka-Chinees word ook gepraat deur die Hakkamense in Fujian. Min-dialekte, Hakka en Mandaryn-Chinees is wedersyds onverstaanbaar. As gevolg van emigrasie, praat 'n aansienlike hoeveelheid van die etniese Chinese bevolkings van Taiwan, Singapoer, Maleisië, Indonesië en die Filippyne Suidelike Min (of Hokkien).

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads