Moendari
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Moendari (मुंडारी, মুন্ডারী, ମୁଣ୍ଡାରୀ) is 'n Austro-Asiatiese taal wat deur sowat 1,7 miljoen mense in Oos-Indië, Bangladesj en Nepal gepraat word. Moendari word amptelik geskryf met die Mundari Bani-alfabet, wat deur Rohidas Singh Nag vir dié taal ontwikkel is, terwyl soms ook Devanagari, die Latynse alfabet, die Odia-alfabet of die Bengaalse skrif gebruik word.

Moendari is een van die mees gesproke Austro-Asiatiese tale en een van die belangrikste van dié taalfamilie in Suid-Asië. Dit is verwant aan Ho en Santali, al drie vorm die amptelike tale van die Indiese deelstaat Jharkhand. Daarbenewens word Ho in die Indiese deelstate Orissa en Wes-Bengale gepraat.
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
