Santali
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Santali (ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ, সাঁওতালি) is 'n Austro-Asiatiese taal wat deur sowat 7,6 miljoen mense in Oos-Indië, Bangladesj, Nepal en Bhoetan gepraat word. Santali is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi. Santali word, afhangende van die gebied, met die Ol Chiki-alfabet, Devanagari, die Oostelike Nagari-skrif, die Latynse alfabet of die Odia-alfabet geskryf.


Santali is ná Viëtnamees en Khmer die derde mees gesproke Austro-Asiatiese taal en by verre die belangrikste van dié taalfamilie in Suid-Asië. Dit is verwant aan Ho en Moendari, al drie vorm die amptelike tale van die Indiese deelstaat Jharkhand. Daarbenewens word Santali in die Indiese deelstate Orissa en Wes-Bengale gepraat.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
