Olimpiese Winterspele 1960

From Wikipedia, the free encyclopedia

Olimpiese Winterspele 1960
Remove ads

Die Olimpiese Winterspele 1960 (Engels: 1960 Winter Olympics), amptelik bekend as die VIIIste Olimpiese Winterspele, is tussen 18 en 28 Februarie 1960 in Squaw Valley, Verenigde State, aangebied. Die ander kandidaatstede was Innsbruck, St. Moritz en Garmisch-Partenkirchen.

Thumb
Teken met die Olimpiese sporte buite die Olimpiese dorpie by Squaw Valley
VIIIe Olimpiese Winterspele
Thumb

Gehou in Squaw Valley, Verenigde State
Deelnemende lande 30
Deelnemende atlete 665 (521 mans, 144 vroue)[2]
Items 27 in 4 sporte
Openingseremonie 18 Februarie 1960
Sluitingseremonie 28 Februarie 1960
Amptelik geopen deur Adjunkpresident Richard Nixon
Atlete-eed Carol Heiss (kunsskaats)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam Ken Henry (langbaanskaats)
Vorige Spele 1956: Corina d'Ampezzo (Italië)
Volgende Spele 1964: Innsbruck (Oostenryk)

Toe daar in 1955 besluit is om die Spele in Squaw Valley te hou, het die "dorp" slegs een inwoner, die organiseerder van die Spele, Alexander Cushing, gehad. Na die toewysing aan hierdie ski-oord, moes bouwerk teen 'n versnelde tempo plaasvind om die nodige geriewe betyds daar te stel. Die Olimpiese Somerspele 1960 is in Rome, Italië, aangebied.

Die Spele was die eerste Winterspele waaraan Suid-Afrika deelgeneem het, maar Suid-Afrika kon geen medaljes verower nie. Dit was ook die laaste waaraan Suid-Afrika deelgeneem het voor deelname geweier is as gevolg van die Apartheidsbeleid. Die volgende Winterspele waaraan Suid-Afrika deelneem is 34 jaar later in 1994.

Remove ads

Toewysing

Squaw Valley is op 16 Junie 1955 in Parys deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1960. Ander kandidate was: Innsbruck, Garmisch-Partenkirchen en St. Moritz. Innsbruck sal uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Winterspele 1964 word.

Die stemming het as volg verloop:

Meer inligting Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1960, Stad ...
Remove ads

Sporte

4 Olimpiese sporte in 8 dissiplines is tydens die Spele beoefen.

  • Nordiese ski
    • Alpeski (6)
    • Heg-en-steg-ski (6)
    • Noorse kombinasie (1)
    • Skansspring (1)
  • Skaats
  • Tweekamp (1)
  • Yshokkie (1)

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie   Wedstryde  1 Wedstryde met medaljes  SS Sluitingseremonie
Meer inligting Februarie 1960, 18 Do ...

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Remove ads

Getal medaljes

Thumb
Kaart van medaljes volgens lande:
Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Rooi vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Grys vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Winterspele 1960 deelgeneem het nie.

Hier is die top 14 lande wat medaljes by die Spele verower het:

Meer inligting Plek, Land ...
Remove ads

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads