Olimpiese Somerspele 1996

From Wikipedia, the free encyclopedia

Olimpiese Somerspele 1996
Remove ads

Die Olimpiese Somerspele 1996 (Engels: 1996 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXVIste Olimpiade, is tussen 19 Julie en 4 Augustus 1996 in Atlanta, Verenigde State, aangebied. Hierdie spele staan ook bekend as die Centennial Games vanweë die feit dat dit presies een eeu na die eerste moderne Spele in Griekeland plaasgevind het.

Thumb
Die Olimpiese Stadion Atlanta tydens die Olimpiese Somerspele 1996
Spele van die XXVIe Olimpiade
Thumb

Gehou in Atlanta, Verenigde State
Deelnemende lande 197 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 10 318 (6 806 mans, 3 512 vroue)[2]
Items 271 in 26 sporte[4]
Openingseremonie 19 Julie 1996
Sluitingseremonie 4 Augustus 1996
Amptelik geopen deur President Bill Clinton[6]
Atlete-eed Teresa Edwards (basketbal)
Beampte-eed Hobie Billingsly (sierduik)
Olimpiese vlam Muhammad Ali (boks)
Vorige Spele 1992: Barcelona (Spanje)
Volgende Spele 2000: Sydney (Australië)

Atlanta is op 18 September 1990 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) gekies met 51 teen 35 stemme in die laaste ronde. Die beslissing van die Internasionale Olimpiese Komitee om die Spele aan Atlanta toe te wys was verrassend. Die redenasie was dat Athene nie genoeg tyd sou hê om die infrastruktuur vir die Spele in plek te kry nie. Later word beweer dat enkele IOK-lede omgekoop was, maar dit kon nooit bewys word nie. Tydens en na die Spele word egter vasgestel dat die organiserende komitee van Atlanta nie die volle waarheid oor die vervoernetwerk, die hitte en die vogtigheid in Augustus, en oor die hoë misdaadsyfer van die stad vertel het nie.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion van Atlanta plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer die Verenigde State die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Masibulele Makepula, bokser en goudmedaljewenner tydens die Afrikaspele van 1995, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.

Oor die algemeen word die Spele as minder suksesvol gesien. Die vervoer tussen die verskillende Olimpiese items het soms vir ure in verkeersknope vasgesit. Die Spele was ook deur vele as "te kommersieel" bestempel, maar finansieel was dit wel 'n sukses. Dit is onder meer te danke aan die hoofborgskap van Coca-Cola, wie se hoofkantoor in Atlanta is.

Die Paralimpiese Somerspele 1996 is tussen 16 en 25 Augustus in Atlanta gehou.

Remove ads

Toewysing

Thumb
William Porter Payne, president van die Amerikaanse reëlingskomitee
Thumb
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 1996

Atlanta is op 18 September 1990 in Tokio deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1996. Ander kandidate was: Athene, Toronto, Melbourne, Manchester en Belgrado.

Die stemming het as volg verloop:

Meer inligting Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1996, Stad ...
Remove ads

Sporte

26 Olimpiese sportsoorte in 271 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 271 goue medaljes oorhandig.

Remove ads

Stadions

28 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1996 gebruik:

Olimpiese kring

Thumb
Atlanta se stadshorison met die sportgeriewe op die voorgrond
Thumb
Die Olimpiese vlag tydens die Olimpiese Somerspele 1996
Thumb
Die 100 m-hekkies tydens die Olimpiese Somerspele 1996
Thumb
Die Georgia Tech Watersportsentrum tydens die Olimpiese Somerspele 1996
Thumb
In die Georgia Dome is basketbal, gimnastiek en handbal aangebied
Thumb
In die Alexander Memorial Coliseum is bokswedstryde beslis
Meer inligting Stadion, Sporte ...

Metro Atlanta

Meer inligting Stadion, Sporte ...

Ander sportplekke

Meer inligting Stadion, Ligging ...
Remove ads

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie   Wedstryde  1 Wedstryde met medaljes  SS Sluitingseremonie
Meer inligting Datum, Julie ...
Remove ads

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Thumb
Suid-Afrika se Penny Heyns in 2015

Suid-Afrika wen drie goue medaljes, asook een silwer en een brons.

  • Penny Heyns wen twee goue medaljes in die 100 m en 200 m-borsslagitems.
  • Josia Thugwane wen die goue medalje in die maraton vir mans.
  • Hezekiél Sepeng wen silwer in die 800 meter-naelloop vir mans.
  • Marianne Kriel wen brons in die 100 meter-rugslag vir vroue.
Remove ads

Getal medaljes

Thumb
Kaart van deelnemende nasies in 1996:

 Neem vir die eerste keer deel

 Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Atlanta

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

Meer inligting Plek, Land ...
Remove ads

Sien ook

Verwysings

Bronne

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads