Olimpiese Somerspele 1960
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Olimpiese Somerspele 1960 (Italiaans: Giochi della XVII Olimpiade), amptelik bekend as die Spele van die XVIIde Olimpiade, is tussen 25 Augustus en 11 September 1960 in Rome, Italië, aangebied. Rome is gekies bo Lausanne, Detroit, Boedapest, Brussel, Meksikostad en Tokio. Rome was al in 1908 aangewys om Spele te organiseer. Vanweë die uitbarsting van die Vesuvius het Rome toe die eer aan Londen afgestaan, wat toe die Spele van 1908 georganiseer het.

Spele van die XVIIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
![]()
|
Die Italiaanse staat en die Italiaanse Olimpiese Komitee het finansieel vir hierdie Spele geborg. Daar word inderdaad geen koste of moeite gespaar nie: Aan die voet van Monte Mario is 'n marmerstadion met 80 000 sitplekke gebou. Nie ver daarvandaan is die swembad uitgelê. Verder probeer die organisasie om die antieke geboue so veel as moontlik by die Spele te betrek. Gimnastiek in die Terme van Caracalla plaasgevind, die stoei in die Basilika van Maxentius en die maraton het aan die voet van die Kapitolyn begin en onder die Triomfboog van Konstantin geëindig.
Die Olimpiese Winterspele 1960 is in Squaw Valley, Verenigde State, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1960 is tussen 18 en 25 September in Rome gehou.
Remove ads
Toewysing


Rome is op 15 Junie 1955 in Parys deur die Internasionale Olimpiese Komitee as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1960 aangewys. Ander kandidate was: Lausanne, Detroit, Boedapest, Brussel, Meksikostad en Tokio. Tokio was uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Somerspele 1964 en Meksikostad vir die daaropvolgende Olimpiese Somerspele 1968.
Die stemming het as volg verloop:
Remove ads
Sporte
17 Olimpiese sportsoorte in 150 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 152 goue medaljes oorhandig.
Atletiek (34)
Basketbal (1)
Boks (10)
Fietsry
- Baan (4)
- Pad (2)
Gewigoptel (7)
Gimnastiek (14)
Kanovaart (7)
Moderne vyfkamp (2)
Roei (7)
Ruitersport
- Dressuur (1)
- Driefasekompetisie (2)
- Spring (2)
Seilvaart (5)
Skermsport (8)
Skyfskiet (6)
Sokker (1)
Stoei
- Grieks-Romeins (8)
- Vrystyl (8)
Veldhokkie (1)
- Watersport
Remove ads
Stadions





34 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1960 gebruik:
Remove ads
Kalender
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
Remove ads
Deelnemende nasies
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Die aantal atlete per land word in hakies aangedui:
Afghanistan (13)
Argentinië (101)
Australië (209)
Bahamas (17)
België (108)
Bermuda (9)
Brasilië (72)
Brits-Guyana (5)
Brits-Wes-Indië (13)
Bulgarye (116)
Chili (9)
Colombia (17)
Denemarke (100)
Duitsland (293)
Ethiopië (12)
Fidji (2)
Filippyne (40)
Finland (117)
Frankryk (238)
Ghana (13)
Griekeland (48)
Haïti (1)
Hongarye (184)
Hongkong (4)
Ierland (49)
Indië (45)
Indonesië (22)
Irak (21)
Iran (23)
Israel (23)
Italië (280)
Japan (162)
Joego-Slawië (116)
Kanada (86)
Kenia (27)
Kuba (12)
Libanon (19)
Liberië (4)
Liechtenstein (5)
Luxemburg (52)
Maleisië (9)
Malta (10)
Marokko (47)
Meksiko (69)
Mianmar (10)
Monaco (11)
Nederland (110)
Nederlands-Antille (5)
Nieu-Seeland (37)
Nigerië (12)
Noorweë (40)
Oostenryk (118)
Pakistan (44)
Panama (6)
Peru (31)
Pole (185)
Portugal (65)
Puerto Rico (27)
Roemenië (98)
San Marino (9)
Sentraal-Afrikaanse Federasie (14)
Singapoer (5)
Republiek China (27)
Soedan (10)
Sowjetunie (283)
Spanje (144)
Sri Lanka (5)
Suid-Afrika (55)
Suid-Korea (35)
Swede (134)
Switserland (149)
Thailand (20)
Tsjeggo-Slowakye (116)
Tunisië (42)
Turkye (49)
Uganda (10)
Uruguay (34)
Venezuela (36)
Verenigde Arabiese Republiek (74)
Verenigde Koninkryk (253)
Verenigde State (292)
Viëtnam (3)
Ysland (9)
Suid-Afrikaanse deelname
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Suid-Afrika op die Olimpiese Spele.

Die Spele was die laaste waaraan Suid-Afrika deelgeneem het voor deelname geweier is as gevolg van die apartheidsbeleid. Die volgende spele waaraan Suid-Afrika sou deelneem is 32 jaar later in 1992.
Boks
Daniel Wepener Bekker (swaargewig) wen 'n silwermedalje en William Meyers (veergewig) 'n bronsmedalje.
Atletiek
Malcolm Spence wen 'n bronsmedalje in die 400 m wedloop.
Remove ads
Getal medaljes

Neem vir die eerste keer deel
Het reeds vantevore deelgeneem
Gasheerstad RomeHier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Remove ads
Sien ook
- Olimpiese Winterspele 1944 in Cortina d'Ampezzo beplan, maar weens die Tweede Wêreldoorlog gestaak
- Olimpiese Winterspele 1956 in Cortina d'Ampezzo
- Olimpiese Winterspele 2006 in Turyn
- Olimpiese Winterspele 2026 in Cortina d'Ampezzo en Milaan
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads