Pous Franciskus
266ste pous van die Katolieke Kerk (1936–2025) From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Pous Franciskus (Latyn: Franciscus PP., [franˈtʃiskus]; Italiaans: Francesco, [franˈtʃesko]; Spaans: Francisco; gebore as Jorge Mario Bergoglio[1] op 17 Desember 1936 in Buenos Aires, Argentinië; oorlede op 21 April 2025 in die Vatikaanstad) was die 266ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk, biskop van Rome en staatshoof van die Vatikaanstad van 13 Maart 2013 tot sy dood op 21 April 2025.[2] Hy is op 13 Maart 2013 verkies tydens die konklaaf wat gehou is ná die aftrede van pous Benedictus XVI. Tot sy verkiesing het Jorge Mario Bergoglio as aartsbiskop en kardinaal-priester van Buenos Aires gedien.[3] Die naam Franciskus beteken "die vrye".
Franciskus was as Argentyn die eerste Latyns-Amerikaner en Jesuïet wat tot hoof van die Rooms-Katolieke Kerk verkies is. Hy was ook die eerste pous vanuit die Amerikas, die Nuwe Wêreld en die Suidelike Halfrond. Die vorige pous wat van 'n nie-Europese afkoms was, was die Siriër pous Gregorius III wat vanaf 731 tot 741 gedien het. Franciskus het homself na Franciskus van Assisi, die "heilige van die armes", genoem,[4] met sy slagspreuk Miserando atque eligendo ("Hy [God] het hom deur die oë van barmhartigheid gesien en gekies").[5] Hy is op 19 Maart 2013 amptelik ingehuldig, waartydens hy ook sy pontifikale vissersring ontvang het,[6] en het tot sy sterwe op 21 April 2025 gedien. Pous Franciskus is op 8 Mei 2025 opgevolg deur pous Leo XIV.
Jorge Mario Bergoglio was van Italiaanse afkoms en was Italiaans, Spaans, Duits en Latyn magtig.[7] Hy het ook kennis gedra van Engels, Frans en vermoedelik Portugees.[8]
Franciskus is op Paasmaandag, 21 April 2025, om 07:35 MEST (UTC+02:00) in die ouderdom van 88 oorlede. Sy dood is deur kardinaal Kevin Farrell op die Vatikaanse televisiekanaal en in 'n videoverklaring aangekondig.[9][10] Hy is aan 'n beroerte en daaropvolgende hartversaking dood.[11]
Remove ads
Biografie

Pous Franciskus is gebore as Jorge Mario Bergoglio op 17 Desember 1936 in Buenos Aires, Argentinië. Hy was die jongste seun van José Mario Francisco Bergoglio en Regina Maria Sivori, albei Italianers wat hulle in Argentinië gevestig het. Bergoglio word op 13 Desember 1969 in Córdoba deur aartsbiskop Ramón José Castellano tot priester gewy. Op 27 Junie 1992 word hy titulêre biskop van Auca en op 28 Februarie 1998 aartsbiskop van Buenos Aires. Hy word op 21 Februarie 2001 kardinaal-priester met San Roberto Bellarmino as titelkerk. Op 13 Maart 2013 volg hy pous Benedictus XVI op en regeer tot sy dood op 21 April 2025. Hy word opgevolg deur pous Leo XIV. Pous Franciskus het homself genoem na Franciskus van Assisi, die "heilige van die armes".[12]
Kerklike loopbaan
- 13 Desember 1969 – tot priester gewy
- 27 Junie 1992 – tot biskop gewy
- 28 Februarie 1998 – aartsbiskop van Buenos Aires
- 21 Februarie 2001 – kardinaal-priester van San Roberto Bellarmino
- 13 Maart 2013 – pous van Rome
Remove ads
Pontifikaat


Vatikaanstad
Italië
5 besoeke
4 besoeke
3 besoeke
2 besoeke
1 besoek
0 besoeke

Ná die abdikasie van pous Benedictus XVI kies die kardinale Bergoglio as nuwe pous na twee dae se konklaaf op 13 Maart 2013. Franciskus word daarmee die eerste nie in Europa gebore pous sedert pous Gregorius III (731–741). Daarnaas was hy ook die eerste Jesuïet en vir die eerste keer in 167 jaar, ná die dood van die Camaldolese pous Gregorius XVI (1831–1846), 'n pous van 'n godsdienstige orde. Volgens waarnemers is dit noemenswaardig, aangesien pouse tydens die Hoë Middeleeue dikwels lede was van belangrike Katolieke mansoorde was, maar vandag is slegs sowat 15 persent van die kardinale lid van 'n orde.
Pous Franciskus was die naasoudste pous wat se ouderdom bekend is. Slegs pous Leo XIII het met 93 jaar ouer geword; ook pous Benedictus XVI het ouer geword, maar hy het op 85 geabdikeer.[13]
Sedert sy verkiesing was pous Franciskus se pontifikaat gekenmerk deur spesiale kwelpunte, gedrag en posisies. Hy het sosiale geregtigheid benadruk en 'n hervorming van die Vatikaanbank (Istituto per le Opere di Religione) van stapel gestuur en in seksuele vrae die standpunt van sy voorgangers ingeneem. Franciskus was 'n uitgesproke kritikus van onbeheerde kapitalisme en ekonomiese liberalisme, verbruikerisme en oorontwikkeling;[14] hy het vir maatreëls teen aardverwarming gepleit.[15]
Op 23 Maart 2013 het Franciskus privaat ontmoet met Benedictus XVI in Castel Gandolfo. Hulle het die inhoud van die gesprek nie bekend gemaak nie. Dit was die eerste ontmoeting tussen twee pouse in meer as 700 jaar.[16]
Die kollege van kardinale
Pous Franciskus het 163 nuwe kardinale aangestel in tien konsistories.[17]
Saligverklarings
Heiligverklarings
Bulle, briewe, ensiklieke en konstitusies
- Bulle
- Misericordiae vultus ("Aangesig van Genade", 11 April 2015)
- Briewe
- Evangelii gaudium ("Vreugde van die Evangelie", 24 November 2013)
- Fidelis dispensator et prudens ("Getroue en verstandige bestuurders", 24 Februarie 2014)
- "Apostoliese brief vir die jaar van die gewyde lewe" (21 November 2014)
- Amoris laetitia ("Die vreugde van liefde", 8 April 2016)
- Gaudete et exsultate ("Wees bly en juig", 9 April 2018)
- Christus vivit ("Christus leef", 25 Maart 2019)
- Querida Amazonia ("Geliefde Amasone", 2 Februarie 2020)
- Laudate Deum ("Loof die Here", 4 Oktober 2023)
- C'est la confiance ("Dit is vertroue", 15 Oktober 2023)
- Ensiklieke
- Lumen Fidei ("Die lig van geloof", 29 Junie 2013)
- Laudato si’ ("Geseënd is jy", 18 Junie 2015)
- Fratelli tutti ("Almal is broers", 4 Oktober 2020)
- Dilexit nos ("Hy het ons liefgehad", 24 Oktober 2024)
- Konstitusies
- Quo firmiores ("Hoe sterker is hulle", 1 Mei 2013)
- Quo aptius spirituali ("Wat is meer geskik vir die geestelike", 23 Desember 2013)
- Patrimonium Ecclesiarum ("Erfenis van die Kerke", 23 Desember 2013)
- Cum ad aeternam ("Met die ewige", 28 Desember 2013)
- Attenta deliberatione ("Met noukeurige oorweging", 12 Mei 2014)
- Quo aptius ("Wat is meer geskik", 12 Mei 2014)
- Christi voluntate ("Deur die wil van Christus", 9 Junie 2014)
- Ad totius dominici gregis ("Aan die hele kudde van die Here", 25 Junie 2014)
- Undecim abhinc annos ("Elf jaar gelede", 11 Julie 2014)
- Contemplationi faventes ("Bevoordeel kontemplasie", 23 Oktober 2014)
- Inter eximias ("Onder die uitsonderlike", 6 November 2014)
- Cum ad provehendam ("Wanneer om te vorder", 22 Desember 2014)
- Multum fructum ("Baie vrugte", 19 Januarie 2015)
- Quae maiori ("Wat is groter?", 19 Januarie 2015)
- Vultum Dei quaerere ("Op soek na die aangesig van God", 22 Julie 2016)
- Veritatis gaudium ("Die vreugde van waarheid", 29 Januarie 2018)
- Episcopalis communio ("Biskoplike Nagmaal", 15 September 2018)
- Pascite gregem Dei ("Voed God se kudde", 23 Mei 2021)
- Praedicate evangelium ("Preek die Evangelie", 19 Maart 2022)
- In Ecclesiarum Communione ("In die Gemeenskap van Kerke", 6 Januarie 2023)
Remove ads
Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
Nota
Opvolging
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads