Piketberg

dorp in die Wes-Kaap From Wikipedia, the free encyclopedia

Piketbergmap
Remove ads

Piketberg is 'n dorp in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.[3]

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Thumb
Piketberg met sy mondigwording in 1857. Skets deur Johannes Poortermans.
Thumb
Die ou sinagoge is omskep in 'n museum.
Thumb
Die oudste gebou van die Hoërskool Piketberg, opgerig in 1914. Dié gekombineerde skool het in 2013 altesaam 603 leerders van gr. 1 tot gr. 12 gehad.
Thumb
'n Gastehuis wat in 2013 te koop was teen R8,75 miljoen.
Remove ads

Geskiedenis

Die dorp is in 1836 gestig toe sir Benjamin D'Urban die plaas “Grotefontein” aan die kerkraad geskenk het. Die eerste erwe is in 1841 verkoop. Die kerk het die dorp tot 1901 bestuur. Die spoorlyn na Bitterfontein het die dorp in 1902 bereik. Die naam is afgelei van die ou Nederlandse woord picquet wat van Frans geleen is en militêre wagpos beteken. So 'n pos is reeds in die 1670's aan die voet van die berge gestig om die boere te beskerm teen strooptogte van die Khoikhoi-stamme.

Soos op baie ander dorpies in Suid-Afrika is die grootste gebou die NG kerkgebou. Piketberg spog met 'n besonder indrukwekkende voorbeeld wat deur die argitek Carl Otto Hager in sy kenmerkende Neogotiese styl ontwerp is.

Remove ads

Wapens

Munisipaliteit — Die munisipale raad het in 1966 'n wapenverlening van die Kaaplandse provinsiale administrateur verkry : Kepersgewys deurgesny van goud en rooi, in die skildhoof twee proteablomme gestengel en geblaar van natuurlike kleur en in die skildvoet 'n klimmende griffioen wat 'n strydbyl vashou, alles van goud. Die helmteken was 'n rooi toring met 'n Nederlandse vlag daarop, en die wapenspreuk was "Vigilo et spiro".[4] Die wapen is in 1970 deur die Buro vir Heraldiek geregistreer.[5]

Afdelingsraad — Die afdelingsraad (d.w.s die plaaslike owerheid vir die landelike gebiede buite die dorpsgrense) het in 1975 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer : In goud, 'n gekanteelde keper van rooi vergesel in die skildhoof van twee heraldiese fonteine en in die skildvoet van 'n gestingelde en geblaarde druiwetros van natuurlike kleur. Die helmteken was 'n rooi burg (toring).[5] Hierdie wapen het in onbruik geraak nadat die afdelingsraad in 1980 by die nuwe Swartlandse afdelingsraad ingelyf is.

Remove ads

Omgewing

Die omgewing word oorheers deur sandsteenkranse van die Piketberg-bergreeks wat bo die koringlande uittoring. Die skeure en grotte in die hange getuig van prehistoriese inwoners soos die Boesmans, wie se rotstekeninge goed bewaar gebly het. Die vallei is ideaal vir die verbouing van koring en die berghange vir appels, pere en perskes.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads