Poolhaas

From Wikipedia, the free encyclopedia

Poolhaas
Remove ads

Die poolhaas (Lepus americanus), ook genoem die variërende haas, is 'n spesie haas wat in Noord-Amerika voorkom. Dit het die naam "snowshoe" in Engels as gevolg van die groot grootte van sy agterpote. Die dier se pote verhoed dat dit in die sneeu wegsink wanneer dit hop en loop. Sy voete het ook pels op die sole om dit teen vriespunt te beskerm.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Binomiale naam ...

Vir kamoeflering word sy pels wit gedurende die winter en roesbruin gedurende die somer. Sy flanke is die hele jaar deur wit. Die poolhasie is ook onderskeibaar aan die swart pelspolle aan die rand van sy ore. Sy ore is korter as dié van die meeste ander hase.

In die somer voed dit op plante soos gras, varings en blare; in die winter eet dit takkies, die bas van bome en plante en, soortgelyk aan die Arktiese haas, is dit bekend dat dit soms dooie diere eet.[1] Dit kan soms gesien word hoe dit in klein groepies voed. Hierdie dier is hoofsaaklik snags aktief en slaap nie. Die poolhasie kan tot vier werpsels per jaar hê, wat gemiddeld drie tot agt kleintjies is. Mannetjies ding mee om wyfies, en wyfies kan met verskeie mannetjies teel.

'n Belangrike natuurlike vyand van die poolhasie is die roofdier, die Kanadese rooikat. Historiese rekords van diere wat oor honderde jare deur pelsjagters gevang is, toon dat die getalle van rooikatte en hase in 'n siklus styg en daal, wat die haas aan biologiestudente wêreldwyd bekend gemaak het as 'n gevallestudie van die verhouding tussen die aantal roofdiere en hul prooi.[2][3][4]

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads