Rooisuikerbos

plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia

Rooisuikerbos
Remove ads

Die rooisuikerbos (Protea grandiceps) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die bekende Proteagenus. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Kaapse Skiereiland, Hottentots-Holland-, Riviersonderend-, Langeberg, Outeniekwa-, Groot-Winterhoek- en Kammanassieberge voor waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik is rond en word 2 m hoog en blom van September tot Januarie.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op die droë, boonste berghellings op hoogtes van 1 200 - 1 700 m.

Die boom se FSA-nommer is 89.2.[1] In Engels staan dit as die Red sugarbush bekend.

Remove ads

Galery

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads