Rutherfordium
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Rutherfordium is ’n superswaar, kunsmatige element met die atoomgetal 104 en simbool Rf. Dit kom nie in die natuur voor nie, kan net in ’n laboratorium vervaardig word en is radioaktief. Die stabielste bekende isotoop, rutherfordium-267, het ’n halfleeftyd van ongeveer 1,3 uur.

Op die periodieke tabel lê dit in die d-blok, in groep 4 en periode 7. Dit is dus die tweede lid van die 6d-reeks oorgangsmetale. Chemiese eksperimente het bevestig dit tree op soos die swaarder homoloog van hafnium net bo dit. Sy eienskappe stem baie ooreen met dié van ander elemente in groep 7, titaan, sirkonium en hafnium. Daar kan egter ook groot verskille wees vanweë relavistiese effekte.
In die 1960's is klein hoeveelhede rutherfordium vervaardig deur beide die Gesamentlike Instituut vir Kernnavorsing in die Sowjetunie en die Lawrence Berkeley Nasionale Laboratorium in Kalifornië.[6] Albei spanne het ’n naam voorgestel en ’n lang dispuut het gevolg. In 1997 het die IUPAC eindelik aangekondig die amptelike naam is "rutherfordium", genoem na die Nieu-Seelandse kernfisikus Ernest Rutherford.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
