Sarong

From Wikipedia, the free encyclopedia

Sarong
Remove ads

'n Sarong (ook saroeng, verouderd)[1] is 'n groot stuk tekstiel wat dikwels om die middellyf gedraai word as kledingstuk. Dit word gedra in Suid-Asië, Suidoos-Asië, die Arabiese Skiereiland, Oos-Afrika,[2] en op baie Stille Oseaan-eilande.

Thumb
Plaaslike werkers in Sri Lanka weef kokostoue in hulle sarongs.
Thumb
'n Man in Jemen maak sy futah (sarong) vas.
Thumb
Stukke materiaal vir sarongs.

Die stof het dikwels ruitpatrone, of kan helderkleurig wees vanweë batik- of ikatkleursel. Baie moderne sarongs het gedrukte ontwerpe, wat dikwels diere of plante uitbeeld. Verskillende soorte sarongs word wêreldwyd gedra, soos die lungi van Suid-Indië en izaar van die Arabiese Skiereiland.

Remove ads

Etimologie

Die term "sarong" in Afrikaans kom via Nederlands uit die Javaans-Maleise saroeng. Dit is 'n verkorte vorm van kain sarung, wat onderskeidelik "doek, kleed" en "omhulsel" beteken.[3] Dit is in Engels die eerste keer in 1834 gebruik om te verwys na die rompagtige kledingstuk van die Maleiers.

Sarongs het baie verskillende name in Asië, insluitende Javaans: ꦱꦫꦸꦁ, sarung; Tamil: சாரம், saram; Arabies: صارون; en Singalees: සරම.

Thumb
Javaanse mans dra sarongs tydens godsdienstige of informele geleenthede. Surabaya, Oos-Java, Indonesië.

In Wes-Afrika kom die woord srong of sorong in Akan voor, waar dit "die hoogste punt" beteken, met verwysing na die feit dat die kledingstuk heel bo stewig vasgemaak word.[4]

Remove ads

Oorsig

Sarong of sarung dui op die onderste kledingstuk wat in Suidoos-Asië deur mans en vroue gedra word. Dit bestaan uit 'n stuk materiaal van sowat 0,91 m breed en 2,3 m lank. In die middel van die lap, oor die smalste strook, word 'n paneel van sowat 30 cm breed van kontrasterende kleure of patrone ingeweef of ingeverf; dit is bekend as die kepala, of "kop", van die sarong. Dié lap word by sy smalste kante gestik om 'n buis te vorm.

'n Mens klim in die buis, bring die boonste kant na bo die naeltjie (die soom moet met die enkels oplyn), plaas die kepala in die middel van die rug en vou die oortollige materiaal van albei kante na die middel voor, waar hulle oorvleuel. Die sarong word dan vasgemaak deur die boonste soom oor homself te rol.

Maleise mans dra sarongs in 'n swart ruitpatroon, terwyl vroue se sarongs in die batikmetode gekleur is. In die Javaanse kultuur is batiksarongs egter algemeen en nie beperk tot 'n sekere gender nie; soms word hulle ook op formele geleenthede soos troues gedra.

Sarongs is algemene informele drag tuis in Broenei, Indonesië, Filippyne, Kambodja, Maleisië, Singapoer, Sri Lanka en 'n groot deel van die Indiese subkontinent.[5]

Remove ads

Verwysings

Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads