Karee

From Wikipedia, the free encyclopedia

Karee
Remove ads

Die karee (Searsia lancea) is 'n digte koelteboom met 'n neerhangende kroon en olyfgroen blare.[1] Die boom is wydverspreid in Suider-Afrika. Dit groei in oop boswêreld, langs riviere, strome en dikwels op termiethope. Die boom se FSA-nommer is 386.[2] Dit is ook inheems in Botswana, Lesotho, Mianmar, Namibië, Zambië en Zimbabwe.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Remove ads

Beskrywing

Dit is 'n immergroen, rypgeharde en droogtebestande boom, wat 'n hoogte van tot 8 meter kan bereik met 'n kroonwydte van 5 meter. Dit het 'n grasieuse, hangende vorm en donker, swartbruin, gegroefde bas wat goed kontrasteer met sy lang, dunnerige, haarlose, donker-groen en drieledige blare met gladde rande. Van Julie tot September dra dit klein geel blomme, wat op die vroulike bome gevolg word deur trosse klein, geel-groen platterige vrugte, wat baie gewild is by voëls.

Remove ads

Verbouing

Die boom is 'n goeie koelteboom vir tuine, parke en sypaadjies en is een van die mees algemene bome op die hoëveld en in die bosveld in Suid-Afrika, maar nie in die laeveld nie. Dit is beste aangepas vir areas ryk in kalk in die Karoo en Namibië. Dit benodig baie son en matige water. In vroeëre tye is die vrugte gestamp, water bygevoeg en toegelaat om te gis, vir die bereiding van 'n klaarblyklik verfrissende bier.

Remove ads

Benamings

Die naam Rhus is afgelei van die Griekse woord vir "rooi", 'n verwysing na die treffende herfskleure van sommige spesies, terwyl lancea verwys na die lansetvormige blare. Karee is afgelei van Karoo. Dit staan ook bekend Karree in Engels, inHlokoshiyne in Zoeloe, umHlakotshane in Xhosa en Mokalaabata in Noord-Sotho.

Galery

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads