Smalblaarsuikerbos

plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia

Smalblaarsuikerbos
Remove ads

Die smalblaarbossuikerbos (Protea lanceolata) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea genus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit staan ook as die smalblaarsuikerbos bekend en kom tussen Potberg en Riversdale-vlakte tot Mosselbaai, voor waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die spesie word tot 4 m hoog en blom van April tot Oktober met die hoogtepunt van Mei tot Julie.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...

Die plant gaan dood nadat dit gebrand het maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in kalkagtige witsand op hoogtes van 0 - 200 m. Die plant se voortbestaan word bedreig deur die rooikrans, 'n indringerplant.

Die boom se FSA-nommer is 90.1[1]. In Engels staan dit as die Lance-leaf sugarbush bekend.

Remove ads

Galery

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads