Sophia Gardens (krieketveld)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Cardiff Wales stadion, wat deel is van Sophia Gardens Cardiff, is 'n krieketstadion in Cardiff, Wallis. Dit is in Sophia Gardens aan die Taffrivier geleë. Dit is die tuiste van Glamorgan County-krieketklub en is gelys as 'n internasionale toetskrieketveld.
Remove ads
County-krieket
Die veld is die tuiste van Glamorgan County-krieketklub wat hul tuiswedstryde sedert 24 Mei 1967 hier gespeel het, nadat hulle van Cardiff Arms Park weggetrek het. In 1995 is 'n huurooreenkoms van 125 jaar vir die grond met die vorige huurhouers, Cardiff Atletiekklub, beding wat sy krieketafdeling (Cardiff Krieketklub) na die Diamantveld in Whitchurch verskuif het. Langs die krieketveld is die groot sportsaalkompleks van die Sport Wallis Nasionale Sentrum. Cardiff Corinthians FC het die area voorheen vir sokker gebruik.
Remove ads
Internasionale krieket
Sophia Gardens is 'n internasionale krieketveld sedert 20 Mei 1999, toe dit gasheer gespeel het vir die 1999 Krieketwêreldbekerwedstryd tussen Australië en Nieu-Seeland. Van 2001 tot 2012 was die veld 'n gereelde plek vir Internasionale eendagwedstryde, wat nege wedstryde in 12 jaar aangebied het, maar het eers in 2006 sy eerste Engeland-wedstryd aangebied, die eerste wedstryd van die reeks teen Pakistan op 30 Augustus 2006.
In 2012 is die veld aangewys as een van drie plekke vir die Kampioenetrofee 2013, saam met The Oval en Edgbaston; dit het vyf wedstryde aangebied, insluitend die openingswedstryd tussen Indië en Suid-Afrika op 6 Junie 2013, en die halfeindstryd tussen Indië en Sri Lanka op 20 Junie. Die veld het ook twee Twintig20 Internasionale wedstryde tussen Engeland en Pakistan in September 2010 aangebied, en weer een in Augustus 2015 teen Australië.
Die veld was een van 11 stadions vir die Krieketwêreldbeker 2019, en gasheer vir vier groepfasewedstryde.[3]

Remove ads
Wedstryde
Krieketwêreldbeker 1999
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 1999.
t |
||
Darren Lehmann 76 (94) Geoff Allott 4/37 (10 boulbeurte) |
Roger Twose 80* (99) Damien Fleming 2/43 (8.2 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Reën onderbreek die speel tussen 12:00 tot 12:37. Middagete is tot ’n lengte van 30 minute herskeduleer en is op 14:55 ingeneem, met die Nieu-Seelandse kolfbeurt wat vanaf 15:25 tot 18:55 geskeduleer is.
Kampioenetrofee 2013
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Kampioenetrofee 2013.
t |
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t |
||
Kumar Sangakkara 68 (87) Mitchell McClenaghan 4/43 (8.5 boulbeurte) |
Nathan McCullum 32 (42) Lasith Malinga 4/34 (10 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t |
||
Colin Ingram 73 (63) Dwayne Bravo 2/43 (5 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën verkort die wedstryd tot 31 boulbeurte per span.
t |
||
Alastair Cook 64 (47) Kyle Mills 4/30 (4.3 boulbeurte) |
Kane Williamson 67 (54) James Anderson 3/32 (5 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën verkort die wedstryd tot 24 boulbeurte per span.
t |
||
Angelo Mathews 51 (89) Ishant Sharma 3/33 (9 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Kampioenetrofee 2017
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Kampioenetrofee 2017.
t |
||
Joe Root 64 (65) Corey Anderson 3/55 (9 boulbeurte) |
Kane Williamson 87 (98) Liam Plunkett 4/55 (9.3 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t |
||
Ross Taylor 63 (82) Mosaddek Hossain 3/13 (3 boulbeurte) |
Shakib Al Hasan 114 (115) Tim Southee 3/45 (9 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t |
||
Niroshan Dickwella 73 (86) Junaid Khan 3/40 (10 boulbeurte) |
Sarfaraz Ahmed 61* (79) Nuwan Pradeep 3/60 (10 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Krieketwêreldbeker 2019
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 2019.
t |
||
Dimuth Karunaratne 52* (84) Lockie Ferguson 3/22 (6.2 boulbeurte) |
Martin Guptill 73* (51) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t |
||
Kusal Perera 78 (81) Mohammad Nabi 4/30 (9 boulbeurte) |
Najibullah Zadran 43 (56) Nuwan Pradeep 4/31 (9 boulbeurte) |
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Afghanistan se teiken is weens reën tot 187 lopies in 41 boulbeurte verminder.
t |
||
Jason Roy 153 (121) Mehedi Hasan 2/67 (10 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t |
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Wedstryd verminder as gevolg van reën tot 48 boulbeurte per span. Suid-Afrika se teiken is hersien tot 127 lopies.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads