Kampioenetrofee 2017
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Kampioenetrofee 2017 (Engels: 2017 ICC Champions Trophy) is van 1 tot 18 Junie 2017 in Engeland en Wallis beslis. Dit was die agtste Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en die tweede agtereenvolgende vir albei gashere.

Die toernooi se formaat van 2009 en 2013 het onveranderd gebly en die destydse agt beste nasionale spanne op die EDI-ranglys het aan die Kampioenetrofee 2017 deelgeneem: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.
Bangladesj, Engeland, Indië en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Bangladesj en Pakistan het Engeland geklop, waardeur die twee aartsvyande Indië en Pakistan mekaar in die eindstryd ontmoet het. In die eindstryd op The Oval in Londen het Pakistan die verdedigende kampioen Indië met 180 lopies verslaan en sodoende sy eerste Kampioenetrofeetitel gewen. Saam met hul oorwinning tydens die Krieketwêreldbeker 1992 en die T20I-wêreldbeker 2009 was dit Pakistan se derde internasionale kriekettitel. Suid-Afrika is reeds in die groepfase uitgeskakel.
Die laaste Kampioenetrofee sou oorspronklik in 2013 aangebied word en dié toernooi sou van 2017 af met die Wêreldtoetskampioenskap vervang word.[3] In Januarie 2014 is dié plan egter herroep en aangekondig dat in 2017 wel ’n Kampioenetrofee sal plaasvind en die Wêreldtoetskampioenskap gekanselleer is.[4] In 2016 het die Internasionale Krieketraad aangekondig dat die Kampioenetrofee na 2017 geskrap sal word om aan die IKR se doelwit te voldoen om vir elke krieketformaat een toernooi te hê.[5] In November 2021 het die IKR egter bekend gemaak dat die Kampioenetrofee in 2025 weer sal plaasvind en in Pakistan aangebied word.[6]
Oorspronklik was in die tydstip die Wêreldtoetskampioenskap in Engeland beplan.[7] Nadat daar nie op ’n geskikte formaat vir dié toernooi besluit kon word nie, is in Februarie 2014 aangekondig om nog ’n Kampioenetrofee aan te bied.[4] In aanloop tot die toernooi het daar ’n konflik ontstaan binne die IKR oor die verdeling van die finansiële middele, met Indië wat gedreig het om toekomstige IKR-toernooie soos die Kampioenetrofee te boikot.[8] Vervolgens het die Indiese beheerliggaam Raad vir Beheer van Krieket in Indië (BCCI) die sperdatum vir die indiening van die Indiese span laat verstryk.[9] Ná twee weke se vertraging en op druk deur mediavennote het die BCCI wel ’n span vir die toernooi bekend gemaak.[10]
Remove ads
Toewysing
Die Internasionale Krieketraad het Engeland en Wallis as gashere vir die Kampioenetrofee 2017 aangewys.
Deelnemers
Die destydse beste agt spanne op die EDI-ranglys soos op 30 September 2015 het vir die Kampioenetrofee 2017 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika.[11][12] Bangladesj, wat Wes-Indië vervang het, is die enigste verandering in die agt-span-lys van die Kampioenetrofee 2009 en 2013. Die wedstrydskedule en groepe is op 1 Junie 2016 bekend gemaak.[13] Wes-Indië en Zimbabwe kon weens hul lae plekke op die EDI-ranglys nie vir die Kampioenetrofee 2017 kwalifiseer nie. Daar het ook geen assosiaatlid aan die toernooi deelgeneem nie. Pakistan se kwalifisering pleks van Wes-Indië was nie onomstrede nie, aangesien Pakistan homself op kort termyn uit ’n driehoekige toernooi met Wes-Indië en Zimbabwe onttrek het, waarin Wes-Indië die kans gehad het om Pakistan verby te steek en nog vir die Kampioenetrofee 2017 te kwalifiseer.[14] Daarmee was dit die eerste Kampioenetrofee wat ’n voormalige kampioen misgeloop het en ook die eerste sonder ’n span van die Amerikas.

Gekwalifiseer as gasheer
Gekwalifiseer deur die IKR se EDI-ranglys
Nie gekwalifiseer nie
Nie deelgeneem nie
Remove ads
Stadions
Tydens die toernooi is twee Engelse en een Walliese stadion gebruik. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2017 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd. Al die drie stadions het groepwedstryde en wedstryde in die uitklopfase aangebied. Op 17 Desember 2014 is aangekondig dat dieselfde stadions soos tydens die vorige 2013-toernooi gebruik sal word.[15] Aangesien in dieselfde tydstip in Cardiff ook die UEFA Champions League 2016/17-eindstryd beslis is, het dié stadion een wedstryd miner as in 2013 gehuisves.[16]
Formaat
Die Kampioenetrofee 2017 is oor 18 dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 1 Junie 2017 op The Oval in Londen met die openingswedstryd tussen die gasheer Engeland en Bangladesj begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 18 Junie met die eindstryd tussen Indië en Pakistan, waartydens Indië die Kampioenetrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Kampioenetrofeë in 2009 en 2013 gebruik.
Kalender
Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2017 se daaglikse program aan. ’n Siaan blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Groepe
Groepfase
Die Kampioenetrofee 2017 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis.
Remove ads
Betrokkenes
Skeidsregters en wedstrydbeamptes
’n Paneel van twaalf skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.[17]
Skeidsregters
|
Wedstrydbeamptes
|
Remove ads
Wedstryde
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase
Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die beste twee spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.
Groep A
t |
||
Tamim Iqbal 128 (142) Liam Plunkett 4/59 (10 boulbeurte) |
Joe Root 133* (129) Sabbir Rahman 1/13 (1 boulbeurte) |
t |
||
Kane Williamson 100 (97) Josh Hazlewood 6/52 (9 boulbeurte) |
Moisés Henriques 18 (14) Adam Milne 2/9 (2 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Reën verkort die wedstryd tot 46 boulbeurte per span.
- Duckworth-Lewis-Stern-metode hersien teiken om te wen: 235 lopies in 33 boulbeurte vir Australië.
- Ná verdere reën is die wedstryd afgelas.
- Kane Williamson (NZ) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[18]
- Josh Hazlewood (Aus) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[20]
- Hy behaal ook die beste boulsyfer in ’n kampioenetrofeewedstryd.[21]
t |
||
Tamim Iqbal 95 (114) Mitchell Starc 4/29 (8.3 boulbeurte) |
David Warner 40* (44) Rubel Hossain 1/21 (4 boulbeurte) |
t |
||
Joe Root 64 (65) Corey Anderson 3/55 (9 boulbeurte) |
Kane Williamson 87 (98) Liam Plunkett 4/55 (9.3 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Engeland vorder hiermee tot die halfeindrondte.[24]
t |
||
Ross Taylor 63 (82) Mosaddek Hossain 3/13 (3 boulbeurte) |
Shakib Al Hasan 114 (115) Tim Southee 3/45 (9 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Beide Shakib Al Hasan en Mahmudullah (albei Ban) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[18]
- Mahmudullah en Shakib Al Hasan behaal ook die beste EDI-vennootskap vir Bangladesj met 224 lopies.[25]
- Dit is Bangladesj se eerste oorwinning in ’n kampioenetrofeewedstryd ooit.[26]
- Nieu-Seeland is hiermee uit die toernooi geskakel.[25]
t |
||
Travis Head 71* (64) Mark Wood 4/33 (10 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën gedurende Engeland se kolfbeurt het enige verdere spel verhoed.
- Ben Stokes (Eng) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[18]
- Bangladesj vorder hiermee tot die halfeindrondte.[27]
- Australië is hiermee uit die toernooi geskakel.[27]
Groep B
t |
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Hashim Amla (RSA) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[18]
- Hy word ook die vinnigste kolwer volgens aantal kolfbeurte (151) wat 25 EDI-honderdtalle aanteken.[28]
- Die Sri Lankaanse kaptein Upul Tharanga word weens ’n stadige boultempo vir twee wedstryde geskors.[29]
t |
||
Azhar Ali 50 (65) Umesh Yadav 3/30 (7.4 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën verkort die wedstryd tot 48 boulbeurte per span.
- Wahab Riaz (Pak) neem met 0/87 die swakste boulsyfers in ’n kampioenetrofeewedstryd.[30]
t |
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Fakhar Zaman (Pak) het sy EDI-debuut gemaak.
t |
||
Kusal Mendis 89 (93) Bhuvneshwar Kumar 1/54 (10 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit was die 150ste EDI-wedstryd tussen die twee spanne.[31]
- Shikhar Dhawan (SL) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[18]
- Dit was die gesamentlik mees suksesvolle EDI-lopiejaag vir Sri Lanka en vir enige span tydens ’n kampioenetrofeewedstryd.[32][33]
- Die 643 totale aangetekende lopies is die destyds meeste in ’n Kampioenetrofeewedstryd en oortref die 636 lopies tussen Indië en Suid-Afrika tydens die 2013-toernooi – later oortref in die wedstryd tussen Australië en Engeland tydens die 2025-toernooi.[34]
t |
||
t |
||
Niroshan Dickwella 73 (86) Junaid Khan 3/40 (10 boulbeurte) |
Sarfaraz Ahmed 61* (79) Nuwan Pradeep 3/60 (10 boulbeurte) |
Uitklopfase
Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het.
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
14 Junie – Cardiff | ||||||
![]() |
211 | |||||
![]() |
215/2 | 18 Junie – Londen | ||||
![]() |
338/4 | |||||
15 Junie – Birmingham | ![]() |
158 | ||||
![]() |
264/7 | |||||
![]() |
265/1 |
Halfeindrondte
t |
||
Joe Root 46 (56) Hasan Ali 3/35 (10 boulbeurte) |
Azhar Ali 76 (100) Jake Ball 1/37 (8 boulbeurte) |
t |
||
Tamim Iqbal 70 (82) Kedar Jadhav 2/22 (6 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
- Dit was Bangladesj se eerste verskyning in ’n halfeindstryd van enige IKR-toernooi.[38]
- Yuvraj Singh speel in sy 300ste EDI-wedstryd.[39]
- Rohit Sharma (Ind) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[18]
- Virat Kohli (Ind) word die vinnigste kolwer volgens aantal kolfbeurte (175) wat die mylpaal van 8 000 EDI-lopies behaal.[40]
Eindstryd
t |
||
Fakhar Zaman 114 (106) Kedar Jadhav 1/27 (3 boulbeurte) |
Remove ads
Statistiek
Finale puntestand
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Kampioenetrofee 2017.

Kampioen
Naaswenner
Halfeindrondte
Groepfase
Nie deelgeneem nie
Meeste lopies en paaltjies
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads