Suid-Ossetië

From Wikipedia, the free encyclopedia

Suid-Ossetië
Remove ads

Suid-Ossetië (Osseties: Хуссар Ирыстон, Chussar Iryston; Georgies: სამხრეთი ოსეთი, Samchreti Osseti; Russies: Южная Осетия, Juschnaja Ossetija), amptelik die Republiek Suid-Ossetië – die Staat Alanië[5][6] (Osseties: Республикӕ Хуссар Ирыстон / Паддзахад Аллонстон, Respublikæ Xussar Iryston / Paddzaxad Allonston; Russies: Республика Южная Осетия / Государство Алания, Respublika Yuzhnaya Osetiya / Gosudarstvo Alaniya), is volgens internasionale reg 'n deel van Georgië, maar vorm de facto 'n onafhanklike[7][8] republiek,[9][10] sonder algemene internasionale erkenning.

Thumb
’n Kaart van Georgië wat die gebiede Abchasië (groen) en Suid-Ossetië (pers) aandui, wat albei de facto onafhanklik is
Thumb
Landskap in Suid-Ossetië se Ezhawa-distrik
Kitsfeite

Alhoewel Georgië nie beheer oor Suid-Ossetië uitoefen nie, beskou die Georgiese regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings Suid-Ossetië as deel van Georgië, wie se grondwet ná dié gebied as die voormalige outonome distrik Suid-Ossetië verwys.[11]

Suid-Ossetië is in die suidelike Groter Kaukasus geleë. Die hoofstad en grootste stad is Zchinwali. Suid-Ossetië beslaan 'n oppervlakte van 3 900 km² en het 'n bevolking van 56 520 in 2022 gehad. Suid-Ossetië grens in die noorde aan die Russiese deelgebied Noord-Ossetië-Alanië.

Soms word na Suid-Ossetië, Abchasië, Transnistrië en Artsach as post-Sowjetse "bevrore konfliksones" verwys.[12][13] Almal is lidlande van die Gemeenskap vir Demokrasie en Regte van Nasies.

Remove ads

Politiek

Internasionale erkenning

Thumb
Internasionale erkenning van Abchasië en Suid-Ossetië:

 Abchasië en Suid-Ossetië

 VN-lidlande wat Abchasië en Suid-Ossetië se onafhanklikheid erken

 De facto lande wat Abchasië en Suid-Ossetië se onafhanklikheid erken

 De facto lande wat Suid-Ossetië se onafhanklikheid erken

 Lande wat die onafhanklikheid van Abchasië en Suid-Ossetië nie erken nie

VN-lidlande
  • Vlag van Rusland Rusland erken Suid-Ossetië sedert 26 Augustus 2008 ná die Suid-Ossetië-oorlog van 2008.[14]
  • Vlag van Nicaragua Nicaragua erken Suid-Ossetië op 5 September 2008.[15]
  • Vlag van Venezuela Venezuela erken Suid-Ossetië op 10 September 2009.[16]
  • Vlag van Nauru Nauru erken Suid-Ossetië op 16 Desember 2009.[17]
  • Vlag van Sirië Sirië erken Suid-Ossetië op 29 Mei 2018.[18]
Gedeeltelik erkende en nie-erkende gebiede
Voormalige erkenning
  • Vlag van Tuvalu Tuvalu erken Suid-Ossetië op 18 September 2011,[21] maar neem die erkenning op 31 Maart 2014 terug.[22]
Remove ads

Etniese samestelling

Thumb
Etniese kaart van die Kaukasus-streek

Ossetiërs vorm met 48 146 inwoners die meerderheid van die bevolking (89,9 persent).[23]

Meer inligting Etniese samestelling van Suid-Ossetië (2015), Etniese groep ...
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads