Abchasië

From Wikipedia, the free encyclopedia

Abchasië
Remove ads

Abchasië (Abchasies: Аҧсны́, Apsny, [apʰsˈnɨ]; Georgies: აფხაზეთი, Apkhazeti, [ɑpʰxɑzɛtʰi]; Russies: Абха́зия, Abkhа́ziya, [ɐpˈxazʲɪjə]), amptelik die Republiek Abchasië (Abchasies: Аҧсны Аҳәынҭқарра, Aphsny Axwynthkharra; Russies: Респу́блика Абха́зия, Respublika Abkhaziya), is volgens internasionale reg 'n deel van Georgië, maar vorm de facto 'n onafhanklike[9][10][11][12] republiek,[13][14] sonder algemene internasionale erkenning.

Thumb
Nasa-satellietbeeld van Abchasië
Thumb
’n Kaart van Georgië wat die gebiede Abchasië (groen) en Suid-Ossetië (pers) aandui, wat albei de facto onafhanklik is
Thumb
Die Kaukasusberge, soos gesien vanaf die Pitsoenda-kaap in Abchasië
Kitsfeite

Alhoewel Georgië nie beheer oor Abchasië uitoefen nie, beskou die Georgiese regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings Abchasië as deel van Georgië, wie se grondwet na dié gebied as die Outonome Republiek Abchasië verwys.

Abchasië is in die Suid-Kaukasus langs die Swartseekus geleë. Die hoofstad en grootste stad is Soechoemi. Abchasië beslaan 'n oppervlakte van 8 640 km² en het 'n bevolking van 244 926 in 2020 gehad. Abchasië grens in die noorde aan die Russiese deelgebiede Karatsjai-Tsjerkessië en Krasnodar-krai.

Soms word na Abchasië, Suid-Ossetië, Transnistrië en Artsach as post-Sowjetse "bevrore konfliksones" verwys.[15][16] Almal is lidlande van die Gemeenskap vir Demokrasie en Regte van Nasies.

Remove ads

Politiek

Internasionale erkenning

Thumb
Internasionale erkenning van Abchasië en Suid-Ossetië:

 Abchasië en Suid-Ossetië

 VN-lidlande wat Abchasië en Suid-Ossetië se onafhanklikheid erken

 De facto lande wat Abchasië en Suid-Ossetië se onafhanklikheid erken

 De facto lande wat Suid-Ossetië se onafhanklikheid erken

 Lande wat die onafhanklikheid van Abchasië en Suid-Ossetië nie erken nie

VN-lidlande
  • Vlag van Rusland Rusland erken Abchasië sedert 26 Augustus 2008 ná die Suid-Ossetië-oorlog van 2008.[17]
  • Vlag van Nicaragua Nicaragua erken Abchasië op 5 September 2008.[18]
  • Vlag van Venezuela Venezuela erken Abchasië op 10 September 2009.[19]
  • Vlag van Nauru Nauru erken Abchasië op 15 Desember 2009.[20]
  • Vlag van Sirië Sirië erken Abchasië op 29 Mei 2018.[21]
Gedeeltelik erkende en nie-erkende gebiede
Voormalige erkenning
  • Vlag van Vanuatu Vanuatu erken Abchasië op 23 Mei 2011,[24] maar neem die erkenning op 20 Mei 2013 terug.[25][26]
  • Vlag van Tuvalu Tuvalu erken Abchasië op 18 September 2011,[27] maar neem die erkenning op 31 Maart 2014 terug.[28]
Remove ads

Etniese samestelling

Thumb
Etniese kaart van die Kaukasus-streek

Abchasiërs vorm met 124 115 inwoners 'n stewige meerderheid van die bevolking (51,0 persent).[29]

Meer inligting Etniese samestelling van Abchasië (2015), Etniese groep ...
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads