Vanuatu
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Vanuatu (Engels: [ˌvɑːnuˈɑːtu], vah-noo-AH-too, of [vænˈwɑːtu], van-WAH-too; Bislama en Frans: [vanuatu]), amptelik die Republiek Vanuatu (Bislama: Ripablik blong Vanuatu; Engels: Republic of Vanuatu; Frans: République de Vanuatu), is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië. Dit beslaan 'n oppervlakte van 12 189 km² en het 'n bevolking van 318 007 in 2024 gehad.[4] Vanuatu is in die ooste van Australië, in die suidooste van die Salomonseilande, in die weste van Fidji en in die noordooste van Nieu-Kaledonië geleë. Die hoofstad en grootste stad is Port Vila. Vanuatu is 'n onafhanklike republiek binne die Britse Statebond met 'n president as staatshoof.


Vanuatu was bevolk deur Melanesiërs. Vanuatu (van-WAH-toe) beteken "ons land" en die plaaslike mense noem hulself die "Ni-Vanuatu". Voor hul onafhanklikheid in 1980 van die Verenigde Koninkryk en Frankryk was hierdie groep van 83 eilande bekend as die Nuwe Hebride – 'n naam wat deur kommandeur James Cook gegee is na aanleiding van die Hebride in Skotland. In 1606 het die eerste Europeërs onder leiding van die Portugese ontdekkingsreisiger Fernandes de Queirós die grootste eiland van die argipel bereik. Nadat die krone van Portugal en Spanje verenig is, het Queirós die argipel vir Spanje as deel van Spaans-Oos-Indië opgeëis en dit La Austrialia del Espíritu Santo genoem.
Alhoewel Vanuatu se ampstale Engels, Frans en Bislama is, word daar 105 ander tradisionele tale dwarsoor die eilande gepraat. Daar is 'n aktiewe vulkaan genaamd Azur op die suidelike eiland Tanna geleë en die eiland Ambrym het ook aktiewe vulkane.
Remove ads
Etimologie
Vanuatu se naam is afgelei van die woord vanua ("land" of "tuis")[9] wat in verskeie Austronesiese tale voorkom en op sy beurt afgelei is van die Proto-Austronesiese banua en die woord tu ("om te staan").[10] Saam verwys albei woorde na die onafhanklike status van die nuwe land.[11]
Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads