Ventersdorp
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Ventersdorp is 'n dorp in die Noordwesprovinsie, in Suid-Afrika met sowat 4 200 mense. Ventersdorp is 53 km oos van Coligny en die N14 nasionale pad gaan deur die dorp. Eugène Terre'Blanche, stigter van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) is op die dorp gebore.
Remove ads
Geskiedenis

Ventersdorp is in 1866 as 'n NG gemeente gestig op die plaas Roodepoort en die dorp en gemeente is na die eienaar vernoem, Johannes Venter. Die plaas was naby die oorsprong van die Schoonspruit.
Distrik
Die distrik is 3 550 km2 groot. Die ekonomie draai om bees- en mielieboerdery. Die graansilo's is van die grootste ter wêreld. Besproeiingswater word van 'n dam in die Rietspruit 10 km suid van die dorp verkry.
Besienswaardighede
Daar is twee natuurreservate: Schoonspruit en 'n privaatreservaat, Makokskraal. Die plaaslike museum huisves 'n groot versameling gewere wat die Boere tydens die Tweede Vryheidsoorlog gebruik het en daar is ook 'n begraafplaas van dié soldate in die dorp. Daar is ook twee watermeule in Schoonspruit wat dateer uit die 1800's.
Sien ook
Bronne
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads