Die jaar 1894 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 94ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Kalenders |
|
Cecil Rhodes |
|
- 11 Januarie – Margaret Ballinger, invloedryke spreker en stigterslid van die Liberale Party († 1980).
- 20 Januarie – Walter Piston, Amerikaanse komponis († 1976).
- 3 Februarie – Norman Rockwell, Amerikaanse skilder en illustreerder († 1978).
- 10 Februarie – Harold Macmillan, Britse eerste minister († 1986).
- 20 Maart – Jannie Hofmeyr, Suid-Afrikaanse geleerde en politikus († 1948).
- 17 April – Nikita Chroesjtsjof, Russiese politikus en partyleier († 1971).
- 23 April – Frank Borzage, Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger († 1962).
- 26 April – Rudolf Hess, Duitse Nazi-leier († 1987).
- 23 Junie – Alfred Kinsey, Amerikaanse entomoloog († 1956).
- 23 Junie – Edward VIII van die Verenigde Koninkryk, Britse koning († 1972).
- 25 Junie – Hermann Oberth, Duitse fisikus († 1989).
- 19 Julie – Percy Spencer, Amerikaanse ingenieur en uitvinder van die mikrogolfoond († 1970).
- 26 Julie – Aldous Huxley, Engels-Amerikaanse skrywer en digter († 1963).
- 23 Augustus – A.A. Pienaar, Afrikaanse skrywer wat onder die skuilnaam Sangiro gepubliseer het († 1979).
- 24 Augustus – Elisha Scott, Noord-Ierse sokkerdoelwagter en afrigter († 1959).
- 28 Augustus – Karl Böhm, Oostenrykse dirigent († 1981).
- 22 September – Minerva Urecal, Amerikaanse aktrise († 1966).
- 2 Oktober – Irma Stern, Suid-Afrikaanse kunsskilder († 1966).
- 16 Oktober – Moshe Sharett, Israelse politikus (eerste minister) († 1965).
- 24 Oktober – Aletta Coetzee, eggenote van prof. J. Chris Coetzee († 1978).
- 4 November – Clarence van Riet Lowe, Suid-Afrikaanse siviele ingenieur en prehistoriese argeoloog († 1956).
- 14 November – Rino Corso Fougier, Italiaanse lugmaggeneraal tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1963).
- 29 November – Toon van den Heever, Suid-Afrikaanse digter, regter en Hertzogprys-wenner († 1956).
- 5 Desember – Charles Robberts Swart, die laaste Goewerneur-Generaal van die Unie van Suid-Afrika en die eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika († 1982).
- 8 Desember – James Thurber, Amerikaanse skrywer († 1961).
- Onbekend – Lizzie van Zyl, slagoffer van die Verskroeideaardebeleid († 1901).