29 November
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
29 November is die 333ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (334ste in skrikkeljare). Daar volg nog 32 dae in die res van die jaar.
| << | November 2025 | >> | ||||
| So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
| 1 | ||||||
| 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
| 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
| 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
| 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
| 30 | ||||||
| Al die dae | ||||||
Gebeure
- 1223 – Pous Honorius III keur die Orde van die Franciskane goed in die bul Solet annuere.
- 1503 – Pous Julius II stel vier nuwe kardinale aan waaronder twee van sy familielede.
- 1549 – Die konklaaf na die dood van Pous Paulus III begin. Dit sou 10 weke duur voordat Pous Julius III verkies word.
- 1553 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word kardinaal-biskop van Porto en Santa Rufina.
- 1560 – Pous Pius IV publiseer 'n bul wat 'n oproep vir die hervatting van die konsilie van Trente bevat.
- 1627 – Emilio Bonaventura Altieri (later Pous Clemens X) word biskop van Camerino.
- 1669 – Pous Clemens IX stel twee nuwe kardinale aan waaronder Emilio Bonaventura Altieri (later Pous Clemens X).
- 1719 – Pous Clemens XI stel 10 nuwe kardinale aan waaronder Thomas Philippe Wallrad d'Hénin-Liétard d'Alsace-Boussu de Chimay, aartsbiskop van Mechelen, Vlaandere.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Renosterkop vind plaas.
- 1920 – Die Rooi Leër val Jerewan, Armenië, binne.
- 1929 – Admiraal Richard Byrd en twee passasiers voltooi die eerste vlug oor die Suidpool.
- 1942 – Die skip Dunedin Star strand naby Angra Fria aan die Namibiese Skedelkus met 106 passasiers aan boord.
- 1947 – Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering stem ten gunste van die verdeling van die Britse mandaat van Palestina tussen Arabiere en Jode.
- 1970 – Die Sondagblad Rapport word begin ná die samesmelting van Dagbreek & Sondagnuus en Die Beeld.
- 1988 – Die vierde Vrouekrieketwêreldbeker begin in Australië.
- 2000 – Die sewende Vrouekrieketwêreldbeker begin in Nieu-Seeland.
- 2009 – Rwanda word die 54ste lid van die Britse Statebond.
- 2012 – Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies stem met 'n groot meerderheid vir die opname van Palestina as waarnemer.
Remove ads
Geboortes
- 1835 – Keiserin-weduwee en regentes Cixi, Qing-dinastie regentes van 1861 tot haar dood. († 1908).
- 1838 – Jan Lion Cachet, Suid-Afrikaanse teoloog van die Gereformeerde kerk († 1912).
- 1894 – Toon van den Heever, Suid-Afrikaanse digter, regter en Hertzogprys-wenner († 1956).
- 1898 – C.S. Lewis, Britse skrywer (* 1963).
- 1930 – David Goldblatt, Suid-Afrikaanse fotograaf († 2018).
- 1931 – Koos Human, Afrikaanse uitgewer, rubriekskrywer en musiekkenner († 2018).
- 1931 – Frank Mdlalose, eerste Premier van KwaZulu-Natal († 2021).
- 1932 – Jacques Chirac, Franse staatsman, President van Frankryk († 2019).
- 1933 – John Mayall, Engelse blues- en rockmusikant, liedjieskrywer en vervaardiger († 2024).
- 1954 – Maxi Schoeman, politieke wetenskap professor aan die Universiteit van Pretoria (UP) († 2025).
- 1961 – Tom Sizemore, Amerikaanse akteur († 2023).
- 1967 – Jaco Fouché, Afrikaanse skrywer.
- 1996 – Raisibe Ntozakhe, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
Remove ads
Sterftes
- 82 – Pous Anianus van Alexandrië tweede patriarg van die Kerk in Alexandrië. (* onbekend).
- 1268 – Pous Clemens IV, 183ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1195).
- 1626 – Ernst von Mansfeld, Rooms Katolieke huursoldaat wat vir die Protestantse saak geveg het (* 1580).
- 1643 – Claudio Monteverdi, Italiaanse komponis (* 1567).
- 1924 – Giacomo Puccini, Italiaanse komponis (* 1858).
- 1975 – Graham Hill, Britse F1-renjaer en tweemalige wêreldkampioen (* 1929).
- 1979 – Zeppo Marx, Amerikaanse komediant en akteur (* 1901).
- 1981 – Natalie Wood (Natasha Zakharenko), Amerikaanse filmaktrise (* 1938).
- 1986 – Cary Grant, Amerikaanse akteur (* 1904).
- 2005 – Deon van der Walt, Suid-Afrikaanse tenoor (* 1958).
- 2011 – Patrice O'Neal, Amerikaanse komediant (* 1969).
- 2017 – Jerry Fodor, Amerikaanse filosoof (* 1935).
- 2019 – Yasuhiro Nakasone, Japannese premier (* 1918).
- 2023 – Henry Kissinger, Amerikaanse politieke wetenskaplike en diplomaat (* 1923).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Anianus van Alexandrië tweede patriarg van die Kerk in Alexandrië in Koptiese Christendom.
| Wikimedia Commons bevat media in verband met 29 November. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads