11 Januarie
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
11 Januarie is die elfde dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 354 dae in die res van die jaar (355 in skrikkeljare).
<< | Januarie 2025 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
Gebeure
- 1621 – In sy laaste konsistorie stel Pous Paulus V tien kardinale aan, waaronder Desiderio Scaglia, O.P., kommissaris van die Inkwisisie.
- 1696 – ’n Ligte aardbewing vind in die Kaap de Goede Hoop plaas.
- 1787 – William Herschel ontdek Oberon en Titania, twee mane van die planeet Uranus.
- 1794 – Jan Willem Wernich word as Landmeter-Argitek aangestel aan die Kaap.
- 1879 – Die Anglo-Zoeloeoorlog breek uit.
- 1887 – F.W. Reitz word tot president van die Vrystaat verkies.
- 1909 – Die Nasionale Konvensie oor die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika kom in Kaapstad byeen.
- 1913 – Die Springbokke druk nege drieë en klop die Franse Hane in Bordeaux met 3
- 1922 – Leonard Thompson word die eerste persoon wat met insulien ingespuit word.
- 1991 – Die Internasionale Krieketraad besluit om sy isolasie van Suid-Afrikaanse krieket voort te sit toe hy deur die aansoekers, die SA Krieketunie en die SA Krieketraad, om toere genader word.
Remove ads
Geboortes
- 347 – Theodosius I, keiser van die Romeinse Ryk († 395).
- 1755 of 1757 – Alexander Hamilton, Amerikaanse ekonoom, politikus en filosoof († 1804).
- 1856 – Harry Gordon Selfridge, Britse kleinhandelmagnaat († 1947).
- 1878 – Paul de Groot, Suid-Afrikaanse akteur († 1940).
- 1894 – Margaret Ballinger, leier van die Suid-Afrikaanse Liberale Party († 1980).
- 1903 – Alan Paton, Suid-Afrikaanse skrywer en politikus († 1988).
- 1906 – Albert Hofmann, Switserse wetenskaplike († 2008).
- 1909 – Victor Ivanoff, Suid-Afrikaanse kunstenaar, spotprenttekenaar en sanger († 1997).
- 1911 – P.J. Olivier, Suid-Afrikaanse staatsman, Goewerneur van Kaapland († 1958).
- 1918 – Gunnar Sønsteby, 'n lid van die Noorse weerstandsbeweging tydens die Duitse besetting van Noorweë in die Tweede Wêreldoorlog († 2012).
- 1929 – Nicoletta Orsomando, Italiaanse televisie-aanbieder en aktrise († 2021).
- 1930 – Rod Taylor, Australiese akteur († 2015).
- 1934 – Jean Chrétien, Kanadese politikus, 20ste premier.
- 1934 – Mitchell Ryan, Amerikaanse akteur († 2022).
- 1946 – Naomi Judd, Amerikaanse sangeres en aktrise († 2022).
- 1963 – Arne Dahl, Sweedse skrywer.
- 1974 – Die Rosenkowitz-sesling word in Kaapstad gebore.
- 1987 – Armand Aucamp, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1991 – Pieter Labuschagne, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
Remove ads
Sterftes
- 314 – Pous Miltiades. Party bronne gee die datum as 10 Januarie (* datum onbekend).
- 705 – Pous Johannes VI, die 85ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 655).
- 812 – Staurakios, keiser van Bisantium (* datum onbekend).
- 844 – Pous Gregorius IV, die 101ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* c 795).
- 844 – Michael I, keiser van die Bisantynse Ryk (* circa 770).
- 1055 – Konstantyn IX, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1000).
- 1494 – Domenico Ghirlandaio, Italiaanse skilder (* 1449).
- 1845 – Henry George Grey, waarnemende goewerneur aan die Kaap van Goeie Hoop (* 1766).
- 1923 – Konstantyn I van Griekeland (* 1868).
- 1955 – Rodolfo Graziani, Italiaanse maarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1882).
- 1976 – Paul Sauer, Suid-Afrikaanse politikus (* 1898).
- 1984 – Jack La Rue, Amerikaanse akteur (* 1902).
- 1998 – Klaus Tennstedt, Duitse dirigent (* 1926).
- 2008 – Edmund Hillary, Nieu-Seelandse bergklimmer en ontdekkingsreisiger (* 1919).
- 2023 – Carole Cook, Amerikaanse aktrise (* 1924).
- 2023 – Harriet Hall, Amerikaanse huisdokter (* 1945).
- 2024 – Gonzalo Lira, Amerikaanse ondersoekende joernalis en oorlogskommentator. Hy sterf in Oekraïnse aanhouding (* 1968).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Higinus - pous van die Rooms-Katolieke Kerk
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 11 Januarie. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads