Suid-Afrikaanse akteur, regisseur en stemkunstenaar From Wikipedia, the free encyclopedia
Waldemar Schultz (gebore 21 April 1970) is ʼn Suid-Afrikaanse akteur, regisseur en stemkunstenaar. Schultz is veral bekend vir sy rol as Jan-Hendrik Terreblanche in die SABC2-sepie 7de Laan, en hy was ook die aanbieder van die speletjieprogram, Ken Jou Laan, in 2008.
Waldemar Schultz | |
Geboorte | 21 April 1970 |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Schultz het in Milnerton, Kaapstad, grootgeword en het van ʼn jong ouderdom ʼn liefde vir teater getoon. Nadat hy matrikuleer het, het hy BA Drama aan die Universiteit van Stellenbosch studeer (1992 tot 1994). Tydens sy studies, is hy vereer met ʼn Fleur du Cap-toekenning as Mees Belowende Student en het hy ook die Dux-prys ontvang vir die hoogste gehalte werk gelewer tydens sy studies. Tydens sy studies vir sy Meestersgraad het hy ook as 'n lektor by die universiteit begin.
As gegradueerde student het Schultz begin om vryskutbasis oorklanking te doen in radiovervolgverhale, wat daartoe gelei het dat hy vir 'n wyle as oorklankingsregisseur vir Quantum Productions gewerk het. Tussen 1991 en 2001, was Schultz werksaam as regisseur, skrywer en akteur vir verskeie teatergeselskappe, onder andere PACT, CAPAB, Spektrum Produksies en Blond Produksies. Sy eerste rol in ʼn televisiereeks was as Klein Geoff in die reeks Woestynblom, 1994, gevolg deur die die rol van Paul Kruger in die jeugdrama, Young Vision.
Kleiner rolle soos in dié van Hagenheim: Streng Privaat, Soutmansland en Arsenaal het gevolg, maar meeste van sy tyd het hy aan stemwerk, advertensies en kinderteater bestee. Sedert 2000, toe hy die rol van Jan Hendrik Terreblanche in 7de Laan gekry het, het hy minder tyd vir vryskutwerk gehad. Schultz het 7de Laan in 2008 verlaat en begin werk by kykNET se improvisasie komediereeks, Proesstraat, waar die opvoering opgeneem word sonder ʼn teks en met ʼn lewendige gehoor. Schultz was deel van die groep akteurs van Proesstraat vir twee seisoene, vanaf 2010 tot 2011. In 2012 het hy ʼn verskyning gemaak in die laaste episode van die SABC1 komediereeks, Stokvel en in 2013 het hy in die vyfde episode verskyn van kykNET se misdaadreeks, Die Boland Moorde.
In 2016 het hy die hoofrol van Kolonel Piet van der Bijl vertolk in die televisiereeks Die Byl – wat rofweg gebaseer is op die lewe van die Suid-Afrikaanse speurder, Piet Byleveld.
In 1996 is Schultz getroud met die aktrise Ira Blanckenberg. Die egpaar het twee kinders Kieran en Dhania. In Augustus 2013 het Kieran gesterf nadat hy sy balans verloor het en van 'n rots in Hermanus afgeval het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.