2016 Oostenrykse Grand Prix
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die 2016 Formule Een Oostenrykse Grand Prix is op 3 Julie 2016 op die Red Bull Ring in Spielberg, Oostenryk gehou. Dit was die negende wedren van die kampioenskapseisoen en is deur Lewis Hamilton in sy Mercedes gewen.
Remove ads
Bande
Pirelli het die volgende bande in Oostenryk verskaf:
Oefensessies
Die wegspringrooster vir die Oostenrykse Grand Prix was nogal interessant, hoe die kwalifikasie ook al verloop het. Benewens Sebastian Vettel, moes Nico Rosberg ook sy ratkas laat omruil.[1] Die gevolg: die Mercedes-renjaer, sowel as sy landgenoot by Ferrari, word 'n roosterstraf van vyf plekke opgelê.
Rosberg bots in die derde vrye oefening hard teen die muur by die uitgang uit draai nommer twee, die haarnaald. Die agtervering van sy Mercedes breek daarna morsaf. Die Wêreldbekerleier kon op eie krag uitklim, maar sy motor was erg beskadig. Die ratkas, agteraan die motor, kon blykbaar nie weer herstel word in die kuipe nie, met 'n 5-plekstraf as gevolg. Die span hoop om die motor weer op tyd aan mekaar te hê vir die kwalifikasie, wat om 14:00 begin het. Selfs indien Rosberg daarin slaag om die vinnigste tyd op te stel, sou hy die Sondag die wedren in die sesde plek moes wegspring.
Vroeër die naweek het Ferrari ook die ratkas van Sebastian Vettel vervang,[2] met eweneens 'n roosterstraf tot gevolg. Rosberg was die vinnigste jaer tydens die oefening op Vrydag, en Vettel teken die vinnigste tyd aan tydens die oefensessie op Saterdagoggend. Sy spanmaat Kimi Räikkönen was tweede, voor Lewis Hamilton.
Remove ads
Kwalifisering
Renuitslag
Remove ads
Puntestand na afloop van die Grand Prix
Renjaers
Vervaardigers
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads