Kevin Magnussen
Deense motorrenjaer From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Kevin Magnussen (* Roskilde, 5 Oktober 1992) is 'n Deense beroepsrenjaer. Magnussen was (saam met Nyck de Vries en Stoffel Vandoorne) 'n lid van McLaren se Young Driver Programme. Hy is die seun van die voormalige Formule Een-renjaer, Jan Magnussen. In 2022 het Magnussen weer by Haas aangesluit op 'n multijaarkontrak.
Remove ads
Formule Een-loopbaan
In November 2012 het Magnussen sy eerste ervaring in 'n Formule 1-motor gehad, toe hy vir McLaren aan toetse deelgeneem het het tydens die "Young Driver"-toets in Aboe Dhabi by die Yas Marina-baan. Hy het die vinnigste tyd tydens die driedaagse sessie opgestel. Hy het genoeg kilometers afgelê om vir ’n FIA-superlisensie te kwalifiseer. 'n Jaar later is hy toegelaat om die "Young Driver"-toets af te lê, maar toe in Silverstone saam met Gary Paffett en Oliver Turvey.
Nadat die gereelde McLaren-jaer Sergio Pérez sy vertrek uit die span op 13 November 2013 aangekondig het, het McLaren 'n dag later aangekondig dat Magnussen sy plaasvervanger in 2014 sou wees.[1] Hy het Jenson Button se spanmaat geword.
In sy eerste wedren op die Albert Parkstraatbaan het Magnussen reeds in die derde plek geëindig. Nadat Daniel Ricciardo ná die wedren gediskwalifiseer is, skuif Magnussen op na die tweede plek, wat ooreenstem met Jacques Villeneuve se prestasie in die 1996 Australiese Grand Prix. Hy het 'n gemiddelde debuutseisoen gehad en in die elfde plek in die kampioenskap geëindig. Dit was egter nie genoeg vir hom om ook in 2015 vir McLaren te ry nie. Op 11 Desember 2014 is aangekondig dat Fernando Alonso sy plek ingeneem het en Magnussen 'n toets- en reserwejaer vir die span geword het.[2] Alonso het voor die seisoen tydens 'n toetssessie by die Circuit de Barcelona-Catalunya gebots en is op doktersadvies nie toegelaat om in die eerste wedren in Australië te jaag nie, en Magnussen het hom vervang.[3]
Magnussen het sy terugkeer na Formule 1 in 2016 gemaak toe hy Pastor Maldonado by die Renault F1-span vervang het, waar hy saam met Jolyon Palmer meegeding het.[4]
In 2017 is Magnussen by Renault deur Nico Hülkenberg vervang. Hy het toe na die Haas-span verskuif om Esteban Gutiérrez te vervangen.[5]
Aan die einde van die 2020-seisoen het Magnussen die Haas F1-span verlaat.[6] Van ’n finale afskeid sou daar egter nie sprake wees nie. Magnussen is deur Haas teruggebring vir die 2022-seisoen om die plek van die Rus Nikita Mazepin in te neem.[7]
Remove ads
Formule Een-uitslae
† Kon nie die ren voltooi nie, maar is geklassifiseer omrede hy meer as 90% van die wedrenafstand afgelê het.
* Seisoen nog aan die gang.
Remove ads
Galery
- Magnussen in die 2014 Britse Grand Prix
- Magnussen in die 2016 Maleisiese Grand Prix
- Magnussen bestuur vir Haas in die 2017 Maleisiese Grand Prix
- Magnussen in die 2018 Oostenrykse Grand Prix
- Magnussen in die 2019 Kanadese Grand Prix
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads