Red Bull Racing

From Wikipedia, the free encyclopedia

Red Bull Racing
Remove ads

Red Bull Racing is 'n Oostenrykse Formule Eenmotorrenspan wat se werke in Milton Keynes in Engeland gebaseer is. Hulle neem aan die Formule Een-wêreldkampioenskap deel en maak sedert 2019 gebruik van Honda se F1-enjins in hulle renmotors, nadat hul voorheen Renault-enjins gebruik het.

Thumb
Daniil Kvyat in Maleisië, 2015
Thumb
Max Verstappen, in Italië, 2019. Hy is die suksesvolste Red Bull-renjaer tot op hede.

Die span se renjaers van 2009 tot die 2014-seisoen was Sebastian Vettel en Mark Webber gewees. Van die 2016 Formule Een-seisoen tot 2018 was die renjaers Daniel Ricciardo en die Nederlander Max Verstappen. Die paar kon saam agt oorwinnings en 41 podiumplekke oor die drie jaar inpalm, in 'n tyd wat grootliks deur Mercedes gedomineer is.

Die span, wat vanaf 2018 tot 2020 as Aston Martin Red Bull Racing bekend gestaan het, is een van twee Formule Eenmotorrenspanne wat deur Red Bull besit word, 'n vervaardiger van die energiedrankie Red Bull. Die ander span is die Racing Bulls F1-span (voorheen agtereenvolgend Toro Rosso, Scuderia AlphaTauri en RB) wat in Faenza, Italië gesetel is.

Red Bull GmbH borg ook vele ander ekstreme sportsoorte, o.a. in vliegkuns en vryspronge.

Remove ads

Renuitslae

Meer inligting Kleur, Uitslag ...

2005 – 2009

Meer inligting Jaar, Onderstel en bande ...

2010 – 2019

Meer inligting Jaar, Onderstel en bande ...

2020 – hede

Meer inligting Jaar, Onderstel en bande ...
  • Die renjaer haal nie die einde nie, maar word wel geklassifiseer omdat hy meer as 90% van die renafstand voltooi het.
  • ‡ Halwe punte is in België toegeken in 2021 omdat daar minder as 75% van die wedren afgelê is weens hewige reën.
  • * Seisoen nog aan die gang.
Remove ads

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads