Bohrium

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Bohrium is ’n superswaar, kunsmatige element met die atoomgetal 107 en simbool Bh. Dit kom nie in die natuur voor nie, kan net in ’n laboratorium vervaardig word en is radioaktief. Die stabielste bekende isotoop, bohrium-270, het ’n halfleeftyd van ongeveer 61 sekondes.

Meer inligting Algemeen, Fisiese eienskappe ...

Die element is genoem na die Deense fisikus Niels Bohr.

Op die periodieke tabel lê dit in die d-blok, in groep 7 en periode 7. Dit is dus die vyfde lid van die 6d-reeks oorgangsmetale. Chemiese eksperimente het bevestig dit tree op soos die swaarder homoloog van renium net bo dit. Sy eienskappe is net gedeeltelik vasgestel, maar dit stem baie ooreen met dié van ander elemente in groep 7.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads