Colombo
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Colombo, of somtyds in Afrikaans: Kolombo, (Singalees: කොළඹ, Kolamba, [ˈkəlɐmbɞ]; Tamil: கொழும்பு, Kozhumpu, [koɻumbu]) is die kommersiële hoofstad en grootste stad van Sri Lanka. Die stad het 'n bevolking van 752 993 in 2011 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 37,31 km². Dit is noordwes van die administratiewe hoofstad Sri Jayawardenepura Kotte langs die weskus aan die Indiese Oseaan geleë.
| Kaart | Wapen |
| Vlag | |
| Land | |
| Provinsie | Westelike Provinsie |
| Koördinate | 06°56′N 79°51′O |
| Stigting | 5de eeu n.C. |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 37,31 vk km |
| Hoogte bo seevlak | |
| Bevolking: | |
| - Totaal (2011) | 752 993 |
| - Bevolkingsdigtheid | 20 182/vk km |
| - Metropolitaanse gebied | 5 648 000 |
| Tydsone | UTC +05:30 |
| Burgemeester | Uvais Mohamed Imitiyas |
| Amptelike webwerf | colombo.mc.gov.lk |
Remove ads
Sport
Colombo beskik met Colombo Krieketklubveld, Paikiasothy Saravanamuttu-stadion, R. Premadasa-stadion en Sinhalese Sportklubveld oor vier belangrike toetskrieketstadions. In die stad speel beide die Sri Lankaanse nasionale krieketspan en die Sri Lankaanse nasionale vrouekrieketspan van hulle tuiswedstryde. Op die R. Premadasa-stadion is onder andere wedstryde tydens die Krieketwêreldbeker 1996, die Krieketwêreldbeker 2011, die Kampioenetrofee 2002, die T20I-wêreldbeker 2012 en die gelyktydige T20I-vrouewêreldbeker 2012, asook die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 aangebied, terwyl die Sinhalese Sportklubveld vir wedstryde tydens die Krieketwêreldbeker 1996 en die Kampioenetrofee 2002 gebruik is. Albei stadions is ook tydens die T20I-wêreldbeker 2026 gebruik.
Remove ads
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Colombo.- (en) Toerisme-inligting oor Colombo op Wikivoyage
- (en) (si) (ta) Amptelike webwerf
- (en) "Colombo". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Mei 2025.
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads



