Commiphora wildii

plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia

Commiphora wildii
Remove ads

Die eikeblaarkanniedood (Commiphora wildii) is 'n struik of klein boompie wat hoort tot die Burseraceae-familie en is inheems in Angola en Namibië.

Kitsfeite Eikeblaarkanniedood, Bewaringstatus ...
Remove ads

Die boom se FSA-nommer is 290.1[1]

Die boompie het 'n dik geswolle stam met takke dig by die grond. In Namibië groei dit tot 2,5 m hoog op die bergrande wat aan die Namib grens. Die takke groei meesal horisontaal dig by die grond. Soms groei hulle meer omhoog. Die bas is grys tot rooierigbruin. Die blare lyk soos 'n eik s'n. Hulle verskyn eers in Desember of Januarie en val af aan die begin van die winter. Die res van die jaar is die boom kaal. Die blommetjies is klein en groenerig geel. Die vruggies is klein en helderrooi. Die plant skei 'n goudkleurige hars af aan die begin van die groeiseisoen. Dit vereis geen insnydings om dit te oes nie. Die Himba van Noordwes-Namibië gebruik dit vir kosmetiese doeleindes. Sedert 2004 word dit ook kommersieel verkoop.[2]

Remove ads

Galery

Sien ook

Verwysings

Bronne

Loading content...
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads