Federale deelgebiede van Rusland

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Rusland is ’n federasie wat bestaan uit verskeie federale deelgebiede (Russies: субъект(ы); soebjekt(i)). Sedert 18 Maart 2014 is daar 85 federale deelgebiede,[1] hoewel die twee mees onlangse gebiede wat bygevoeg is, internasionaal as deel van die Oekraïne beskou word.[2][3] Rusland se deelgebiede het gelyke verteenwoordiging in die staatsdoema (2 afgevaardigdes per deelgebied), maar verskil in outonomie. Dit moet nie verwar word met Russiese federale distrikte nie.

Remove ads

Ses kategorieë

Rusland onderskei die volgende ses kategorieë (soos op 18 Maart 2014):

  1. 22 republieke (Russies: республики) - teoreties outonoom. Elk van die republieke het ’n eie grondwet, president en parlement en is ’n tuisland vir ’n spesifieke etniese minderheid. In 2000 is die regte van hierdie gebiede egter weer ietwat ingeperk, onder meer deur die oorloë in Tsjetsjnië.
  2. 9 krais (distrikte) (Russies: края) - polities gelykstaande aan oblaste, maar yler bevolk.
  3. 46 oblaste (provinsies) (Russies: области) - die standaard-provinsies met ’n goewerneur wat deur die president aangewys word en plaaslik verkose wetgewende organe.
  4. 3 federale stede (stede van die federale betekenis) (Russies: города федерального значения) - aparte gebiede vir drie stede (Moskou, Sint Petersburg en Sewastopol). Vergelykbaar met oblaste.
  5. 1 outonome oblast (Russies: автономная область) – die tuisland wat deur Josef Stalin aangewys is vir Jode is ’n oorblyfsel van die staatkundige indeling van die Sowjetunie en die enigste oblast wat naas Russies ook ’n ander amptelike taal het (Jiddisj). Die Joodse bevolking in die gebied het egter baie afgeneem en maak nou net ’n klein deel van die bevolking uit.
  6. 4 outonome okroegs (Russies: автономные округа) – gebiede van etniese minderhede wat binne oblaste geleë is. Dié volke is gewoonlik klein en het minder outonomie as die outonome republieke, maar meer as die oblaste.
Thumb

██ Republieke ██ Krais ██ Oblaste ██ Federale stede ██ Outonome oblast ██ Outonome okroegs

Remove ads

Federale deelgebiede

In die onderstaande tabel is al die federale deelgebiede met hul hoofstad, federale distrik en ekonomiese streek. Hulle is in dieselfde volgorde as in die Grondwet van die Russiese Federasie: republieke, krais, oblaste, federale stede, outonome oblast en outonome okroegs. In dié kategorieë word elke deelgebied alfabeties gerangskik volgens hul Russiese name in die Cyrilliese alfabet.

Meer inligting No., Deelgebiede ...
Remove ads

Ligging van die deelstate

Republieke

22 republieke:

Thumb

1. Adigea
2. Altai
3. Basjkortostan
4. Boerjatië
5. Kalmikië
6. Karelië
7. Dagestan
8. Ingoesjetië
9. Kabardino-Balkarië
10. Karatsjai-Tsjerkessië
11. Chakassië

12. Komi
13. Mari El
14. Mordowië
15. Noord-Ossetië
16. Jakoetië
17. Tartarstan
18. Tiwa
19. Tsjetsjnië
20. Tsjoewasjië
21. Oedmoertië
22. Krim

Oblaste

46 oblaste:

Thumb

1. Amoer
2. Archangelsk
3. Astrachan
4. Belgorod
5. Brjansk
6. Tsjeljabinsk
7. Tsjita
8. Irkoetsk
9. Iwanowo
10. Kaliningrad
11. Kaloega
12. Kemerowo
13. Kirof
14. Kostroma
15. Koergan
16. Koersk

17. Leningrad
18. Lipetsk
19. Magadan
20. Moskou (oblast)
21. Moermansk
22. Nizjni Nowgorod
23. Nowgorod
24. Nowosibirsk
25. Omsk
26. Orenburg
27. Orjol
28. Penza
29. Pskof
30. Rostof
31. Rjazan
32. Sachalin

33. Samara
34. Saratof
35. Smolensk
36. Swerdlofsk
37. Tambof
38. Tomsk
39. Twer
40. Toela
41. Tjoemen
42. Oeljanofsk
43. Wladimir
44. Wolgograd
45. Wologda
46. Woronezj
47. Jaroslawl

Krais

9 krais:

Thumb

1. Altai (krai)
2. Kamtsjatka
3. Chabarofsk
4. Krasnodar
5. Krasnojarsk

6. Perm
7. Primorski
8. Stawropol
9. Zabaikalski

Federale stede

3 federale stede:

Thumb

1. Moskou
2. Sint Petersburg
3. Sewastopol

Outonome oblast

1 outonome oblast, die Joodse Outonome Oblast:

Thumb

Outonome okroegs

4 outonome okroegs:

Thumb

1. Tsjoekotka
2. Chanto-Mansië
3. Nenetsië
4. Jamalië

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads