Doringolm
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die doringolm (Chaetachme aristata)[2] is 'n boom wat vanaf Port Elizabeth tot in die noorde van KwaZulu-Natal voorkom, asook by strome en in klowe in Gauteng, Mpumalanga en Limpopo. Die boom kan tot 13 m hoog word en kry 'n digte blaardak veral laag af. Die blare is donkergroen, dik en leeragtig elk met 'n borselhaar aan die punt. Gepaarde dorings word in die blaaroksels gedra. Die vrugte is geel, sowat 1.5 cm in deursnee. Die hout is hard en gelerig.
In Afrika kom die boom voor in: Angola, Benin, Botswana, Comore-eilande, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Eritrea, Ethiopië, Gaboen, Ghana, Golf van Guinee-eilande, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Somalië, Tanzanië, Togo, Uganda, Zambië en Zimbabwe.[3]
Die boom se FSA-nommer is 43.[4] Dit word ook die basterwitpeer en in Engels die thorny elm genoem.
Die boom is die enigste spesie in die genus, dit is dus 'n monotipiese genus.
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Bronnelys
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads