ENB-stadion
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die ENB-stadion (ook genoem FNB-stadion, Sokkerstad of Soccer City) is 'n stadion in Soweto, Johannesburg, Suid-Afrika. Die stadion is reg langs die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (SAFA-huis) waar die kantore van FIFA en die Plaaslike Reëlingskomitee vir die 2010 Sokkerwêreldbeker gesetel was.[1] Met 'n kapasiteit van 94 700 is dit die grootste stadion in Afrika.



Die stadion het sedert sy konstruksie in 1987 as die FNB-stadion bekend gestaan, maar is tydelik na Sokkerstad herdoop om aan FIFA se neutrale borgskap-vereistes te voldoen.[5]
In 1990 het Nelson Mandela sy eerste vrye toespraak in die stadion gelewer, nadat hy uit die gevangenis vrygelaat is. Op 10 Desember 2013 is sy internasionale roudiens hier gehou.[6][7] Dit was ook die tuiste van Chris Hani se begrafnis.[6]
Dit was ook die plek vir die eindstryd van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010, wat tussen Nederland en Spanje beslis is. Tydens die wêreldbeker se sluitingseremonie op die dag van die eindstryd het Nelson Mandela sy laaste openbare verskyning hier gemaak.[8]
Remove ads
Wedstryde
Afrikanasiesbeker 1996
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Afrikanasiesbeker 1996.
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010.
Die stadion is tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 ingespan as een van die 10 stadia waar wedstryde gespeel is. Benewens die openingswedstryd en eindstryd, is by die stadion gespeel:
Afrikanasiesbeker 2013
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Afrikanasiesbeker 2013.
Remove ads
Rugby
Die stadion is ook sedert 2010 vir die eerste keer vir rugbywedstryde gebruik. Die Springbokke het op 21 Augustus 2010 tydens die 2010-Drienasiesreeks hier teen die All Blacks gespeel.
Konstruksie
Die ENB-stadion het 'n massiewe opgradering vir die 2010 Wêreldbeker ondergaan. Die stadion se nuwe ontwerp is deur die vorm van 'n Afrikapot geïnspireer.[9]
Sien ook
- Lys van stadions in Suid-Afrika
- Eerste Nasionale Bank, die stadion se eienaars.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads