Erica

plant genus From Wikipedia, the free encyclopedia

Erica
Remove ads

Erica is 'n blomplant-genus wat tot die familie Ericaceae behoort, en wêreldwyd sowat 857 spesies insluit.[1] In Suid-Afrika staan hulle as heide of fynbos bekend. Die meeste spesies is struike maar drie spesies kan as bome beskou word, aangesien hulle meer as 2 meter hoog kan groei. Hulle kom voor op hoogliggende, rotsagtige plekke in grasveld of gemeng met ander struike van dieselfde grootte.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Spesies ...
Remove ads

Benaming

Die Latynse woord erica beteken "heide" of "besem".[2] Daar word veronderstel dat Plinius die woord erica uit Antieke Grieks ἐρείκη afgelei het.[3] Die naam heide word ook op enkele verwante genera van soortgelyke voorkoms toegepas. Die genus Calluna byvoorbeeld, is voorheen by Erica ingesluit, maar dit verskil deur blare wat selfs kleiner is (minder as 2–3 mm lank), en die blomkelk wat uit afsonderlike kelkblare bestaan. In Europa blom Erica in die laatwinter, en word dan winterheide genoem om dit te onderskei van somerheide (Calluna), wat laatsomer blom.

Remove ads

Beskrywing

Die meeste Erica-spesies is klein struike van 20–150 cm hoog, alhoewel enkeles hoër groei; E. arborea (boomheide) en E. scoparia (besemheide) groei die hoogste, naamlik tot 7 meter hoog. Almal is immergroen met besonder klein, naaldagtige blare van 2–15 mm lank. Die blomme groei soms uit die oksels, of andersins in terminale skerms of are, wat tipies na buite of afwaarts georiënteer is. Die sade is baie klein, en kan by sommige spesies vir dekades in die grond oorleef.

Remove ads

Spesies

Sedert Januarie 2019 is daar meer as 850 aanvaarde spesies in Kew's Plants of the World Online.[4]

Fotogalery

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads