FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005

From Wikipedia, the free encyclopedia

FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005
Remove ads

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 (Duits: FIFA-Konföderationen-Pokal 2005; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 15 tot 29 Junie 2005 in Duitsland aangebied en het vir die gasheer as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 gedien. Dit was die vyfde sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.

Thumb
Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is
Kitsfeite Toernooi-inligting, Gasheerland ...

Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle Argentinië in die eindstryd met 4–1 geklop het. Die gasheer Duitsland het in die derde en Meksiko in die vierde plek geëindig.

Remove ads

Stadions

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Meer inligting Hannover, Leipzig ...
Remove ads

Deelnemende spanne

Meer inligting Span, Konfederasie ...
Remove ads

Formaat

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 is oor 15 dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 15 Junie 2005 op die FIFA-stadion in Keulen met ’n wedstryd tussen Argentinië en Tunisië afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Waldstadion in Frankfurt am Main op 29 Junie met die eindstryd tussen Brasilië en Argentinië, waartydens Brasilië die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooie in 1997, 1999, 2001 en 2003 ingespan.

Kalender

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.

Meer inligting Groepfase Junie, Wo 15 ...

Groepfase

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Remove ads

Wedstryde

Kitsfeite

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 1 November 2004 in Frankfurt am Main gehou.

Groepfase

Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A

Thumb
Wedstryd tussen Argentinië en Duitsland
Meer inligting Land, Wed ...

15 Junie 2005
18:00 MEST
Vlag van Argentinië Argentinië 2–1 Vlag van Tunisië Tunisië FIFA-wêreldbekerstadion, Keulen
Toeskouers: 28 033
Skeidsregter: Roberto Rosetti (Italië)
Riquelme Doelpunt na 33 minute 33' (straf)
Saviola Doelpunt na 57 minute 57'
Verslag Doelpunt na 72 minute 72' (straf) Guemamdia

15 Junie 2005
21:00 MEST
Vlag van Duitsland Duitsland 4–3 Vlag van Australië Australië Waldstadion, Frankfurt am Main
Toeskouers: 46 466
Skeidsregter: Carlos Amarilla (Paraguay)
Kurányi Doelpunt na 17 minute 17'
Mertesacker Doelpunt na 23 minute 23'
Ballack Doelpunt na 60 minute 60' (straf)
Podolski Doelpunt na 88 minute 88'
Verslag Doelpunt na 21 minute 21' Skoko
Doelpunt na 31 minute 31', Doelpunt na 90+2 minute 90+2' Aloisi

18 Junie 2005
18:00 MEST
Vlag van Tunisië Tunisië 0–3 Vlag van Duitsland Duitsland FIFA-wêreldbekerstadion, Keulen
Toeskouers: 44 377
Skeidsregter: Peter Prendergast (Jamaika)
Verslag Doelpunt na 74 minute 74' (straf) Ballack
Doelpunt na 80 minute 80' Schweinsteiger
Doelpunt na 88 minute 88' Hanke

18 Junie 2005
20:45 MEST
Vlag van Australië Australië 2–4 Vlag van Argentinië Argentinië Frankenstadion, Neurenberg
Toeskouers: 25 618
Skeidsregter: Shamsul Maidin (Singapoer)
Aloisi Doelpunt na 61 minute 61' (straf), Doelpunt na 70 minute 70' Verslag Doelpunt na 12 minute 12', Doelpunt na 53 minute 53', Doelpunt na 89 minute 89' Figueroa
Doelpunt na 31 minute 31' (straf) Riquelme

21 Junie 2005
20:45 MEST
Vlag van Australië Australië 0–2 Vlag van Tunisië Tunisië Zentralstadion, Leipzig
Toeskouers: 23 952
Skeidsregter: Carlos Chandía (Chili)
Verslag Doelpunt na 26 minute 26', Doelpunt na 70 minute 70' Santos

21 Junie 2005
20:45 MEST
Vlag van Argentinië Argentinië 2–2 Vlag van Duitsland Duitsland Frankenstadion, Neurenberg
Toeskouers: 42 088
Skeidsregter: Ľuboš Micheľ (Slowakye)
Riquelme Doelpunt na 33 minute 33'
Cambiasso Doelpunt na 74 minute 74'
Verslag Doelpunt na 29 minute 29' Kurányi
Doelpunt na 51 minute 51' Asamoah

Groep B

Meer inligting Land, Wed ...

16 Junie 2005
18:00 MEST
Vlag van Japan Japan 1–2 Vlag van Meksiko Meksiko FIFA-wêreldbekerstadion, Hannover
Toeskouers: 24 036
Skeidsregter: Matthew Breeze (Australië)
Yanagisawa Doelpunt na 12 minute 12' Verslag Doelpunt na 39 minute 39' Zinha
Doelpunt na 64 minute 64' Fonseca

16 Junie 2005
20:45 MEST
Vlag van Brasilië Brasilië 3–0 Vlag van Griekeland Griekeland Zentralstadion, Leipzig
Toeskouers: 42 507
Skeidsregter: Ľuboš Micheľ (Slowakye)
Adriano Doelpunt na 41 minute 41'
Robinho Doelpunt na 46 minute 46'
Juninho Doelpunt na 81 minute 81'
Verslag

19 Junie 2005
18:00 MEST
Vlag van Griekeland Griekeland 0–1 Vlag van Japan Japan Waldstadion, Frankfurt am Main
Toeskouers: 34 314
Skeidsregter: Herbert Fandel (Duitsland)
Verslag Doelpunt na 76 minute 76' Oguro

19 Junie 2005
20:45 MEST
Vlag van Meksiko Meksiko 1–0 Vlag van Brasilië Brasilië FIFA-wêreldbekerstadion, Hannover
Toeskouers: 43 677
Skeidsregter: Roberto Rosetti (Italië)
Borgetti Doelpunt na 59 minute 59' Verslag

22 Junie 2005
20:45 MEST
Vlag van Griekeland Griekeland 0–0 Vlag van Meksiko Meksiko Waldstadion, Frankfurt am Main
Toeskouers: 31 285
Skeidsregter: Carlos Amarilla (Paraguay)
Verslag

22 Junie 2005
20:45 MEST
Vlag van Japan Japan 2–2 Vlag van Brasilië Brasilië FIFA-wêreldbekerstadion, Keulen
Toeskouers: 44 922
Skeidsregter: Mourad Daami (Tunisië)
Nakamura Doelpunt na 27 minute 27'
Oguro Doelpunt na 88 minute 88'
Verslag Doelpunt na 10 minute 10' Robinho
Doelpunt na 32 minute 32' Ronaldinho

Uitklopfase

Thumb
Die Duitser Michael Ballack se strafskop in die halfeindstryd teen Brasilië
Thumb
Afskop van die eindstryd tussen Brasilië en Argentinië
Halfeindrondte Eindrondte
25 Junie – Neurenberg
 Vlag van Duitsland Duitsland  2  
 Vlag van Brasilië Brasilië  3  
 
29 Junie – Frankfurt am Main
     Vlag van Brasilië Brasilië  4
   Vlag van Argentinië Argentinië  1
Derde plek
26 Junie – Hannover 29 Junie – Leipzig
 Vlag van Meksiko Meksiko  1
(5)
 Vlag van Duitsland Duitsland  4
 Vlag van Argentinië Argentinië  1
(6)
   Vlag van Meksiko Meksiko  3

Halfeindrondte


25 Junie 2005
18:00 MEST
Vlag van Duitsland Duitsland 2–3 Vlag van Brasilië Brasilië Frankenstadion, Neurenberg
Toeskouers: 42 187
Skeidsregter: Carlos Chandía (Chili)
Podolski Doelpunt na 23 minute 23'
Ballack Doelpunt na 45+3 minute 45+3' (straf)
Verslag Doelpunt na 21 minute 21', Doelpunt na 76 minute 76' Adriano
Doelpunt na 43 minute 43' (straf) Ronaldinho

26 Junie 2005
18:00 MEST
Vlag van Meksiko Meksiko 1–1 (e.t.) Vlag van Argentinië Argentinië FIFA-wêreldbekerstadion, Hannover
Toeskouers: 40 718
Skeidsregter: Roberto Rosetti (Italië)
Salcido Doelpunt na 104 minute 104'
Strafskoppe
Pérez Scored
Pardo Scored
Borgetti Scored
Salcido Scored
Pineda Scored
Osorio Missed
Verslag
Strafskoppe
5–6
Doelpunt na 110 minute 110' Figueroa
Strafskoppe
Scored Riquelme
Scored Rodríguez
Scored Aimar
Scored Galletti
Scored Sorín
Scored Cambiasso

Klein finale (om die derde plek)


29 Junie 2005
18:00 MEST
Vlag van Duitsland Duitsland 4–3 (e.t.) Vlag van Meksiko Meksiko Zentralstadion, Leipzig
Toeskouers: 43 335
Skeidsregter: Matthew Breeze (Australië)
Podolski Doelpunt na 37 minute 37'
Schweinsteiger Doelpunt na 41 minute 41'
Huth Doelpunt na 79 minute 79'
Ballack Doelpunt na 97 minute 97'
Verslag Doelpunt na 40 minute 40' Fonseca
Doelpunt na 58 minute 58', Doelpunt na 85 minute 85' Borgetti

Eindstryd


29 Junie 2005
20:45 MEST
Vlag van Brasilië Brasilië 4–1 Vlag van Argentinië Argentinië Waldstadion, Frankfurt am Main
Toeskouers: 45 591
Skeidsregter: Ľuboš Micheľ (Slowakye)
Adriano Doelpunt na 11 minute 11', Doelpunt na 63 minute 63'
Kaká Doelpunt na 16 minute 16'
Ronaldinho Doelpunt na 47 minute 47'
Verslag Doelpunt na 65 minute 65' Aimar


Meer inligting Sokker-Konfederasiebekerkampioen 2005 ...
Remove ads

FIFA se terugwerkende ranglys

In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[1] Die ranglys vir die 2005-toernooi is soos gevolg:

Thumb
Deelnemende spanne volgens ranglys:

 Kampioen

 Tweede plek

 Derde plek

 Vierde plek

 Kwarteindrondte

 Groepfase

 Geen deelname

     Gasheerland Duitsland
Meer inligting Rang, Span ...
Remove ads

Meeste doele aangeteken

Meeste doele aangeteken:

Meer inligting Rang, Speler ...
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads