FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966

From Wikipedia, the free encyclopedia

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966
Remove ads

Die agtste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Engels: World Cup 1966 – England) is vanaf 11 tot 30 Julie 1966 aangebied in Engeland, die “tuiste van sokker”. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Engeland aangebied is en die vyfde in Europa. Buitendien was dit die eerste wêreldbekertoernooi in een van Engeland se gewildste sportsoorte wat in dié land aangebied is; later sou nog ’n aantal krieketwêreldbeker- en rugbywêreldbekertoernooie volg.

Thumb
Die Jules Rimet-trofee waarom meegeding is
Kitsfeite World Cup 1966 – England, Toernooi-inligting ...

16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Engeland het die trofee gewen nadat hulle Wes-Duitsland met 4–2 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het. Engeland het daarmee die derde gasheer ná Uruguay in 1930 en Italië in 1934 geword om die toernooi te wen. Die eindstryd word veral vir die omstrede “Wembley-doel” onthou, wat deur Engelse ondersteuners as geldig beskou word, maar nie deur Duitse s’n nie. Daarbenewens is dit die eerste wêreldbekertrofee in een van Engeland se gewildste sportsoorte wat die onderskeidelike nasionale span ingepalm het; in 2003 sou nog die rugbywêreldbekertitel volg en in 2019 die krieketwêreldbekertitel. Portugal het in die derde en die Sowjetunie in die vierde plek geëindig. Die verdedigende kampioen Brasilië is reeds in die groepfase uitgeskakel; die eerste keer wat hierdie lot ’n verdedigende kampioen toegeval het.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Noord-Korea en Portugal het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.

Remove ads

Toewysing

Engeland is op 22 Augustus 1960 in Rome deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966. Ander kandidaatlande was Spanje en Wes-Duitsland, maar Spanje het voor die stemming hulself onttrek.

Die stemming het as volg verloop:

Meer inligting Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966, Land ...
Remove ads

Kwalifisering

Thumb
Kaart van die Afrikalande wat die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 geboikot het (in swart)

Die gasheer Engeland en die verdedigende kampioen Brasilië het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is nege vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, drie vir CONMEBOL (Suid-Amerika) en een vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Een plek is tydens ’n uitspeelwedstryd tussen AFC (Asië) en CAF (Afrika) beslis.

31 Afrikalande het die toernooi weens FIFA se beslissing van 1964, waarvolgens die wenner van die Afrikakwalifisering teen die wenner van die Asiatiese kwalifisering vir net een plek moes speel, geboikot. Hulle was van mening dat die oorwinning in die Afrikakwalifisering op sigself goed genoeg vir ’n kwalifisering vir die Sokker-Wêreldbekertoernooi sou gewees het. ’n Ander rede vir hul boikot was die toelating van Suid-Afrika teen spyte dié land se opskorting van CAF in 1958 weens Apartheid. Suid-Afrika is daarna aan die kwalifiserende groep van Asië en Oseanië toegewys voordat dit weer in Oktober 1964 weens druk van ander Afrikalande opgeskort is. Ten spyte daarvan het die Afrikaspanne, nadat FIFA geweier het om die kwalifiserende formaat te verander, in elk geval besluit om uit die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi te onttrek totdat minstens een volledige plek aan Afrika toegeken sal word, iets wat in plek gestel is vanaf die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970.[3]

Kwalifiserende spanne

Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[4]

Thumb
Uitslag van die kwalifisering:

 Geen deelname

 Land het homself onttrek of is nie deur FIFA aanvaar nie

 Land het nie gekwalifiseer nie

 Land het gekwalifiseer

Meer inligting Span, Verskynings by eindstryde ...
Remove ads

Stadions

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Londen Birmingham
Wembley-stadion White City-stadion Villa Park
51°33′20″N 0°16′47″W 51°30′48.96″N 0°13′38.64″W 52°30′33″N 1°53′5″W
Kapasiteit: 98 600 Kapasiteit: 76 567 Kapasiteit: 52 000
Thumb Thumb
Liverpool
Goodison Park
53°26′20″N 2°57′58″W
Kapasiteit: 50 151
Thumb
Manchester
Old Trafford
53°27′47″N 2°17′29″W
Kapasiteit: 58 000
Thumb
Sheffield Sunderland Middlesbrough
Hillsborough-stadion Roker Park Ayresome Park
53°24′41″N 1°30′2″W 54°54′52″N 1°23′18″W 54°33′51″N 1°14′49″W
Kapasiteit: 42 730 Kapasiteit: 40 310 Kapasiteit: 40 000
Thumb Thumb Thumb

Formaat

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 is oor 20 dae tussen 16 verskillende nasies oor 32 wedstryde uitgespeel. Dit het op 11 Julie 1966 op die Wembley-stadion in Londen met ’n wedstryd tussen die gasheer Engeland en Uruguay afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 30 Julie met die eindstryd tussen Engeland en Wes-Duitsland, waartydens die gasheer die Jules Rimet-trofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 ingespan.[5]

Kalender

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Meer inligting Groepfase Julie, Ma 11 ...

Groepfase

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstrydwedstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die naaswenner van Groep 2 en die wenner van Groep 2 het teen die naaswenner van Groep 1 gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n lot bepaal. Die eindstryd sou ná ’n gelykopuitslag die daaropvolgende dag herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n lot beslis word.

Remove ads

Wedstryde

Kitsfeite

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 6 Januarie 1966 in die Royal Garden Hotel in Londen gehou.

Groepfase

16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep 1

Meer inligting Land, Wed ...

11 Julie 1966
19:30
Vlag van Engeland Engeland 0–0 Vlag van Uruguay Uruguay Wembley-stadion, Londen
Toeskouers: 87 148
Skeidsregter: Istvan Zsolt (Hongarye)
Verslag

13 Julie 1966
19:30
Vlag van Frankryk Frankryk 1–1 Vlag van Meksiko Meksiko Wembley-stadion, Londen
Toeskouers: 69 237
Skeidsregter: Menachem Ashkenazi (Israel)
Hausser Doelpunt na 62 minute 62' Verslag Doelpunt na 48 minute 48' Borja

15 Julie 1966
19:30
Vlag van Uruguay Uruguay 2–1 Vlag van Frankryk Frankryk Wembley-stadion, Londen
Toeskouers: 45 662
Skeidsregter: Karol Galba (Tsjeggo-Slowakye)
Rocha Doelpunt na 26 minute 26'
Cortés Doelpunt na 31 minute 31'
Verslag Doelpunt na 15 minute 15' (straf) De Bourgoing

16 Julie 1966
15:00
Vlag van Engeland Engeland 2–0 Vlag van Meksiko Meksiko Wembley-stadion, Londen
Toeskouers: 92 570
Skeidsregter: Concetto Lo Bello (Italië)
B. Charlton Doelpunt na 37 minute 37'
Hunt Doelpunt na 75 minute 75'
Verslag

19 Julie 1966
16:30
Vlag van Meksiko Meksiko 0–0 Vlag van Uruguay Uruguay Wembley-stadion, Londen
Toeskouers: 61 112
Skeidsregter: Bertil Lööw (Swede)
Verslag

20 Julie 1966
19:30
Vlag van Engeland Engeland 2–0 Vlag van Frankryk Frankryk Wembley-stadion, Londen
Toeskouers: 98 270
Skeidsregter: Arturo Yamasaki (Peru)
Hunt Doelpunt na 38 minute 38', Doelpunt na 75 minute 75' Verslag

Groep 2

Thumb
Wedstryd tussen Argentinië en Wes-Duitsland
Meer inligting Land, Wed ...
  • Wes-Duitsland het bo Argentinië geëindig weens doelverhouding.

12 Julie 1966
19:30
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 5–0 Vlag van Switserland Switserland Hillsborough Stadium, Sheffield
Toeskouers: 36 000
Skeidsregter: Hugh Phillips (Skotland)
Held Doelpunt na 16 minute 16'
Haller Doelpunt na 21 minute 21', Doelpunt na 77 minute 77' (straf)
Beckenbauer Doelpunt na 40 minute 40', Doelpunt na 52 minute 52'
Verslag

13 Julie 1966
19:30
Vlag van Argentinië Argentinië 2–1 Vlag van Spanje Spanje Villa Park, Birmingham
Toeskouers: 48 000
Skeidsregter: Dimiter Rumentchef (Bulgarye)
Artime Doelpunt na 65 minute 65', Doelpunt na 77 minute 77' Verslag Doelpunt na 67 minute 67' Pirri

15 Julie 1966
19:30
Vlag van Spanje Spanje 2–1 Vlag van Switserland Switserland Hillsborough Stadium, Sheffield
Toeskouers: 32 000
Skeidsregter: Tofik Bakhramof (Sowjetunie)
Sanchís Doelpunt na 57 minute 57'
Amancio Doelpunt na 75 minute 75'
Verslag Doelpunt na 31 minute 31' Quentin

16 Julie 1966
15:00
Vlag van Argentinië Argentinië 0–0 Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland Villa Park, Birmingham
Toeskouers: 51 000
Skeidsregter: Konstantin Zečević (Joego-Slawië)
Verslag

19 Julie 1966
19:30
Vlag van Argentinië Argentinië 2–0 Vlag van Switserland Switserland Hillsborough Stadium, Sheffield
Toeskouers: 32 000
Skeidsregter: Joaquim Campos (Portugal)
Artime Doelpunt na 52 minute 52'
Onega Doelpunt na 79 minute 79'
Verslag

20 Julie 1966
19:30
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 2–1 Vlag van Spanje Spanje Villa Park, Birmingham
Toeskouers: 51 000
Skeidsregter: Armando Marques (Brasilië)
Emmerich Doelpunt na 39 minute 39'
Seeler Doelpunt na 84 minute 84'
Verslag Doelpunt na 23 minute 23' Fusté

Groep 3

Meer inligting Land, Wed ...

12 Julie 1966
19:30
Vlag van Brasilië Brasilië 2–0 Vlag van Bulgarye Bulgarye Goodison Park, Liverpool
Toeskouers: 48 000
Skeidsregter: Kurt Tschenscher (Wes-Duitsland)
Pelé Doelpunt na 15 minute 15'
Garrincha Doelpunt na 63 minute 63'
Verslag

13 Julie 1966
19:30
Vlag van Portugal Portugal 3–1 Vlag van Hongarye Hongarye Old Trafford, Manchester
Toeskouers: 37 000
Skeidsregter: Leo Callaghan (Wallis)
José Augusto Doelpunt na 1 minute 1', Doelpunt na 67 minute 67'
Torres Doelpunt na 90 minute 90'
Verslag Doelpunt na 60 minute 60' Bene

15 Julie 1966
19:30
Vlag van Hongarye Hongarye 3–1 Vlag van Brasilië Brasilië Goodison Park, Liverpool
Toeskouers: 52 000
Skeidsregter: Ken Dagnall (Engeland)
Bene Doelpunt na 2 minute 2'
Farkas Doelpunt na 64 minute 64'
Mészöly Doelpunt na 73 minute 73' (straf)
Verslag Doelpunt na 14 minute 14' Tostão

16 Julie 1966
15:00
Vlag van Portugal Portugal 3–0 Vlag van Bulgarye Bulgarye Old Trafford, Manchester
Toeskouers: 26 000
Skeidsregter: José María Codesal (Uruguay)
Wutsof Doelpunt na 17 minute 17' (e.d.)
Eusébio Doelpunt na 38 minute 38'
Torres Doelpunt na 81 minute 81'
Verslag

19 Julie 1966
19:30
Vlag van Portugal Portugal 3–1 Vlag van Brasilië Brasilië Goodison Park, Liverpool
Toeskouers: 62 000
Skeidsregter: George McCabe (Engeland)
Simões Doelpunt na 15 minute 15'
Eusébio Doelpunt na 27 minute 27', Doelpunt na 85 minute 85'
Verslag Doelpunt na 70 minute 70' Rildo

20 Julie 1966
19:30
Vlag van Hongarye Hongarye 3–1 Vlag van Bulgarye Bulgarye Old Trafford, Manchester
Toeskouers: 22 000
Skeidsregter: Roberto Goicoechea (Argentinië)
Dawidof Doelpunt na 43 minute 43' (e.d.)
Mészöly Doelpunt na 45 minute 45'
Bene Doelpunt na 54 minute 54'
Verslag Doelpunt na 15 minute 15' Asparuhof

Groep 4

Meer inligting Land, Wed ...

12 Julie 1966
19:30
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 3–0 Vlag van Noord-Korea Noord-Korea Ayresome Park, Middlesbrough
Toeskouers: 22 000
Skeidsregter: Juan Gardeazábal Garay (Spanje)
Malofejew Doelpunt na 31 minute 31', Doelpunt na 88 minute 88'
Banisjefskij Doelpunt na 33 minute 33'
Verslag

13 Julie 1966
19:30
Vlag van Italië Italië 2–0 Vlag van Chili Chili Roker Park, Sunderland
Toeskouers: 30 000
Skeidsregter: Gottfried Dienst (Switserland)
Mazzola Doelpunt na 8 minute 8'
Barison Doelpunt na 88 minute 88'
Verslag

15 Julie 1966
19:30
Vlag van Chili Chili 1–1 Vlag van Noord-Korea Noord-Korea Ayresome Park, Middlesbrough
Toeskouers: 16 000
Skeidsregter: Ali Kandil (Verenigde Arabiese Republiek)
Marcos Doelpunt na 26 minute 26' (straf) Verslag Doelpunt na 88 minute 88' Pak Seung-zin

16 Julie 1966
15:00
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 1–0 Vlag van Italië Italië Roker Park, Sunderland
Toeskouers: 27 800
Skeidsregter: Rudolf Kreitlein (Wes-Duitsland)
Tsjislenko Doelpunt na 57 minute 57' Verslag

19 Julie 1966
19:30
Vlag van Noord-Korea Noord-Korea 1–0 Vlag van Italië Italië Ayresome Park, Middlesbrough
Toeskouers: 18 000
Skeidsregter: Pierre Schwinte (Frankryk)
Pak Doo-Ik Doelpunt na 42 minute 42' Verslag

20 Julie 1966
19:30
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 2–1 Vlag van Chili Chili Roker Park, Sunderland
Toeskouers: 22 000
Skeidsregter: John Adair (Noord-Ierland)
Porkoejan Doelpunt na 28 minute 28', Doelpunt na 85 minute 85' Verslag Doelpunt na 32 minute 32' Marcos

Uitklopfase

Thumb
Die kwarteindstryd tussen Engeland en Argentinië
Kwarteindrondte Halfeindrondte Eindstryd
                   
23 Julie – Londen        
 Vlag van Engeland Engeland  1
26 Julie – Londen
 Vlag van Argentinië Argentinië  0  
 Vlag van Engeland Engeland  2
23 Julie – Liverpool
   Vlag van Portugal Portugal  1  
 Vlag van Portugal Portugal  5
30 Julie – Londen
 Vlag van Noord-Korea Noord-Korea  3  
 Vlag van Engeland Engeland  4
23 Julie – Sheffield
   Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland  2
 Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland  4
25 Julie – Liverpool
 Vlag van Uruguay Uruguay  0  
 Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland  2 Uitspeel om derde plek
23 Julie – Sunderland
   Vlag van Sowjetunie Sowjetunie  1   28 Julie – Londen
 Vlag van Sowjetunie Sowjetunie  2
   Vlag van Portugal Portugal  2
 Vlag van Hongarye Hongarye  1  
 Vlag van Sowjetunie Sowjetunie  1

Kwarteindrondte


23 Julie 1966
15:00
Vlag van Portugal Portugal 5–3 Vlag van Noord-Korea Noord-Korea Goodison Park, Liverpool
Toeskouers: 51 780
Skeidsregter: Menachem Ashkenazi (Israel)
Eusébio Doelpunt na 27 minute 27', Doelpunt na 43 minute 43' (straf), Doelpunt na 56 minute 56', Doelpunt na 59 minute 59' (straf)
José Augusto Doelpunt na 80 minute 80'
Verslag Doelpunt na 1 minute 1' Pak Seung-zin
Doelpunt na 22 minute 22' Li Dong-Woon
Doelpunt na 25 minute 25' Yang Seung-Kook

23 Julie 1966
15:00
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 4–0 Vlag van Uruguay Uruguay Hillsborough Stadium, Sheffield
Toeskouers: 34 000
Skeidsregter: Jim Finney (Engeland)
Haller Doelpunt na 11 minute 11', Doelpunt na 83 minute 83'
Beckenbauer Doelpunt na 70 minute 70'
Seeler Doelpunt na 75 minute 75'
Verslag

23 Julie 1966
15:00
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 2–1 Vlag van Hongarye Hongarye Roker Park, Sunderland
Toeskouers: 26 844
Skeidsregter: Juan Gardeazábal Garay (Spanje)
Tsjislenko Doelpunt na 5 minute 5'
Porkoejan Doelpunt na 46 minute 46'
Verslag Doelpunt na 57 minute 57' Bene

23 Julie 1966
15:00
Vlag van Engeland Engeland 1–0 Vlag van Argentinië Argentinië Wembley-stadion, Londen
Toeskouers: 90 000
Skeidsregter: Rudolf Kreitlein (Wes-Duitsland)
Hurst Doelpunt na 78 minute 78' Verslag

Halfeindrondte


25 Julie 1966
19:30
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 2–1 Vlag van Sowjetunie Sowjetunie Goodison Park, Liverpool
Toeskouers: 38 300
Skeidsregter: Concetto Lo Bello (Italië)
Haller Doelpunt na 42 minute 42'
Beckenbauer Doelpunt na 67 minute 67'
Verslag Doelpunt na 88 minute 88' Porkoejan

26 Julie 1966
19:30
Vlag van Engeland Engeland 2–1 Vlag van Portugal Portugal Wembley-stadion, Londen
Toeskouers: 95 000
Skeidsregter: Pierre Schwinte (Frankryk)
B. Charlton Doelpunt na 30 minute 30', Doelpunt na 80 minute 80' Verslag Doelpunt na 82 minute 82' (straf) Eusébio

Klein finale (om die derde plek)


28 Julie 1966
19:30
Vlag van Portugal Portugal 2–1 Vlag van Sowjetunie Sowjetunie Wembley-stadion, Londen
Toeskouers: 88 000
Skeidsregter: Ken Dagnall (Engeland)
Eusébio Doelpunt na 12 minute 12' (straf)
Torres Doelpunt na 89 minute 89'
Verslag Doelpunt na 43 minute 43' Malofejew

Eindstryd


30 Julie 1966
15:00
Vlag van Engeland Engeland 4–2 (e.t.) Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland Wembley-stadion, Londen
Toeskouers: 98 000
Skeidsregter: Gottfried Dienst (Switserland)
Hurst Doelpunt na 18 minute 18', Doelpunt na 101 minute 101', Doelpunt na 120 minute 120'
Peters Doelpunt na 78 minute 78'
Verslag Doelpunt na 12 minute 12' Haller
Doelpunt na 89 minute 89' Weber


Meer inligting Sokkerwêreldkampioen 1966 ...
Remove ads

FIFA se terugwerkende ranglys

In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[6][7] Die ranglys vir die 1966-toernooi is soos gevolg:

Thumb
Deelnemende spanne volgens ranglys:

 Kampioen

 Tweede plek

 Derde plek

 Vierde plek

 Kwarteindrondte

 Groepfase

 Geen deelname

     Gasheerland Engeland
Thumb
Standbeeld in Londen ter ere van die Sokkerwêreldkampioen 1966 Engeland
Meer inligting Rang, Span ...
Remove ads

Meeste doele aangeteken

Meeste doele aangeteken:[1]

Meer inligting Rang, Speler ...
Remove ads

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads