Flerovium
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Flerovium is 'n radioaktiewe chemiese element op die periodieke tabel met die simbool Fl en atoomgetal 114. Op 30 Mei 2012 is die tydelike naam ununquadium en simbool Uuq deur die IUPAC in flerovium en Fl verander.[1]
Remove ads
Geskiedenis
Die ontdekking van flerovium in Desember 1998 is in Januarie 1999 deur wetenskaplikes by die Gesamentlike Instituut vir Kernnavorsing in Doebna, Rusland, aangekondig.[2] Dieselfde span het drie maande later 'n ander isotoop van Fl vervaardig [3] en die sintese in 2004 en 2006 bevestig.
In 2004 het die Gesamentlike Instituut vir Kernnavorsing die sintese van hierdie element deur 'n ander metode bevestig (die chemiese identifisering op finale vervalprodukte van die element).
Flerovium word soms eka-lood genoem aangesien die eienskappe daarvan volgens veronderstelling soortgelyk is as dié van lood. Daar word verwag dat dit 'n sagte, digte metaal is wat in lug verweer met 'n smeltpunt van ongeveer 200 grade Celsius.
Remove ads
Sintese
Flerovium kan vervaardig word deur plutonium-244 teikens met kalsium-48-swaarioonstrale te bombardeer.
Sintese van isotoop 298
Die vervaardiging van flerovium-298 sou baie moeilik wees, omdat kerne wat na 114 protone en 184 neutrone optel nie in weegbare hoeveelhede beskikbaar is nie.
Dit kan egter moontlik wees om dit te doen as kernoordragreaksies behaal kan word. [verwysing benodig] Een van die reaksies kan wees: 204Hg + 136Xe → 298Unq + 40Ca + 2n
Remove ads
Stabiele(r) flerovium
Volgens die eiland van stabiliteit-teorie kan verwag word dat sommige nukliede in die omgewing van 114 protone en 184 neutrone (d.w.s. isotoop Fl-298) betreklik stabiel behoort te wees in vergelyking met die omliggende nukliede. Flerovium kom nie natuurlik in die natuur voor nie en word geheel en al in laboratoriums vervaardig. Alle isotope van flerovium wat tot dusver vervaardig is, is neutron-arm. Dit beteken hulle bevat beduidend minder neutrone as 184, wat een van die magiese getal neutrone is wat vermoedelik die isotoop stabieler kan maak. Neutron-arm dui ook aan dat die isotope verval deur óf spontane splyting en 'n verskeidenheid radionukliede vervaardig óf deur positron-uitstraling óf elektronvangs om die element nihonium te lewer.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads