Nihonium
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Nihonium is ’n sintetiese, uiters radioaktiewe element met die simbool Nh en atoomgetal 113. Die stabielste bekende isotoop, nihonium-286, het ’n halfleeftyd van 20 sekondes.
Nihonium is eers in 2003 deur die Gesamentlike Instituut vir Kernnavorsing in Doebna, Rusland, ontdek en in 2004 deur ’n span Japannese wetenskaplikes by Riken, ’n groot navorsingsinstituut in Japan. In Desember 2015 het die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Chemie (IUSTC) en die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Fisika (IUSTF) die element erken en die prioriteit van die ontdekking aan Riken toegeken.[4]
In November 2016 is aangekondig die voorlopige naam van die element, ununtrium (Uut), word in nihonium (Nh) verander,[5] na aanleiding van die algemene Japannese naam Nihon vir Japan.[6][7]
Op die periodieke tabel lê nihonium in die p-blok (die hoofgroepelemente), in die 7de periode (die boorgroep), hoewel nog nie bevestig is dat dit soos die swaarder homoloog van tallium in dié groep optree nie. Daar word bereken dat dit van dieselfde eienskappe het as sy ligter homoloë, boor, aluminium, gallium, indium en tallium, en soos ’n hoofgroepmetaal optree, hoewel dit ook groot verskille sal toon van die ander elemente in die groep. Anders as al die ander elemente in die p-blok, sal dit miskien sy d-elektrone in verbindings betrek, hoewel dié voorspelling betwis word.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads