Fula (volk)

From Wikipedia, the free encyclopedia

Fula (volk)
Remove ads

Die Fula, Fulani of Fulbe (Fula: Fulɓe; Frans: Peul; Hausa: Fulani of Hilani; Portugees: Fula; Wolof: Pël; Bambara: Fulaw) is 'n etniese groep inheems aan Wes-Afrikaanse lande soos Nigerië, Guinee, Mali en Niger. Die etniese groep omvat sowat 20–25 miljoen mense[7] en hulle praat Fula as moedertaal en Engels, Arabies of Frans as tweede taal. Dit is een van die grootste en mees verspreide etniese groepe in beide die Sahel en Wes-Afrika.[8]

Thumb
Fula-jihad-lande in Wes-Afrika, omstreeks 1830[9][10]
Thumb
Verspreidingskaart van Fula. Donkergroen: grootste etniese groep; middel: aansienlike bevolking; lig: kleiner aandeel
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...

Die Fula is 'n hoofsaaklik Islamitiese volk van oorspronklik nomadiese veeherders wat in onlangse tye gevestig het. Die Fula is verwant aan die Hausa en vorm naas die Joroeba, Igbo en Hausa die vierde grootste etniese groep in Nigerië. Die Fula het in die 19de eeu belangrike ryke in die Soedan-gebied langs die Niger- en die Sénégalriviere gestig.

Die Fula vorm die grootste etniese groep in Guinee, Senegal, Mali, Burkina Faso en Niger. In lande soos Mauritanië, Ghana, Gambië, Sierra Leone, Benin, Guinee-Bissau, Kameroen, Ivoorkus, Nigerië, Togo, Suid-Soedan, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Liberië vorm die Fula 'n aansienlike deel van die bevolking. Ander lande met met 'n belangrike Fula-bevolking sluit in Ethiopië, Soedan en Tsjad.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads