Suid-Soedan
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Suid-Soedan (Engels: South Sudan; Swahili: Sudan Kusini), amptelik die Republiek Suid-Soedan (Engels: Republic of South Sudan; Swahili: Jamhuri ya Sudan Kusini), is 'n landingeslote land in Oos-Afrika en grens aan Soedan in die noorde, Ethiopië in die ooste, Kenia, Uganda en die Demokratiese Republiek die Kongo in die suide en die Sentraal-Afrikaanse Republiek in die weste. Die hoofstad en grootste stad is Joeba, hoewel die regering die oprigting van 'n nuwe hoofstad beplan. Suid-Soedan het 'n bevolking van 12 703 714 in 2024 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 644 329 km².[6]


Suid-Soedan het op 9 Julie 2011 as gevolg van 'n positiewe referendum sy onafhanklikheid van Soedan verklaar en is sedertdien die wêreld se jongste onafhanklike land. Kort daarna het egter nuwe etniese geweld uitgebreek wat in 2013 tot 'n burgeroorlog ontwikkel het. Suid-Soedan word algemeen as 'n mislukte staat beskou.[13] Die Suid-Soedanese regering is tans op soek vir 'n nuwe stad wat as hoofstad kan dien, waarvan Ramciel die gunsteling is.[14] Dit word egter deur die voortdurende Suid-Soedanese burgeroorlog bemoeilik.
Remove ads
Etimologie
Die naam "Soedan" is afgelei van die geografiese gebied Soedan, wat suid van die Sahara van Wes- tot Oos-Sentraal-Afrika strek. Dit is afkomstig van die Arabiese bilād as-sūdān (بلاد السودان) en beteken "land van die swartes", 'n uitdrukking wat ná Wes- en Noord-Sentraal-Afrika verwys.[15] Dié term is gebruik deur Arabiese handelaars en reisigers in die streek om na die verskeie inheemse swart Afrikakulture en samelewings wat hulle teëgekom het te verwys.[16]
Remove ads
Geografie
Suid-Soedan se geografie word veral gekenmerk deur die Wit Nyl wat dié land van suid na noord deurvloei en saam met die Blou Nyl een van die Nylrivier se twee hooftakke vorm. Die hoofstad Joeba is weerskante die Wit Nyl geleë en noord van dié stad begin die Wit Nyl die Sudd vorm, een van die wêreld se grootste vleilande en die grootste binnedelta in Afrika.[17]
Geskiedenis

Oos-Soedan
Suid-Soedan
Abyei
Suid-Koerdoefan en Blou Nylrivier

Suid-Soedan
Lande wat die Onafhanklikheid van Suid-Soedan erken
Tussen 1972 en 1983 en van 2005 tot 2011 was Suid-Soedan 'n outonome gebied binne Soedan. Daar was twee burgeroorloë tussen Noord- en Suid-Soedan: Die eerste Soedannese burgeroorlog van 1955 tot 1972 en die tweede Soedannese burgeroorlog van 1983 tot 2005. Die konflik is die oudste in die geskiedenis van Afrika.[18] Tussen 9 Januarie en 15 Januarie 2011 is 'n referendum oor die onafhanklikheid van Suid-Soedan gehou,[19] waarin 99 persent van die stemgeregtigdes vir die onafhanklikheid van Suid-Soedan gestem het.[20] Op 9 Julie 2011 het Suid-Soedan die 54ste onafhanklike land van Afrika geword[21] en sedert 14 Julie 2011 is Suid-Soedan die 193ste lidland van die Verenigde Nasies.[22] Op 27 Julie 2011 het Suid-Soedan as 54ste lidstaat by die Afrika-unie aangesluit.[23] Daarbenewens is Suid-Soedan 'n kandidaatland van beide die Arabiese Liga[24] en die Britse Statebond.[25]
Demografie
Suid-Soedan het 'n uiteenlopende bevolking met baie etniese groepe en taalfamilies. Volgens die Verenigde Nasies se 2016-skatting het die land 'n bevolking van sowat 12 miljoen gehad. Die hoofstad en grootste stad is Joeba weerskante die Wit Nyl, gevolg deur Wau. Ander nedersettings sluit in Rokon en Yei.
Etniese groepe
Volgens die 2011-skatting bly sowat 4,6 miljoen Dinka in Suid-Soedan, amper 35,8% van die totale bevolking en die grootste etniese groep in dié land. Die naasgrootste etniese groep is die Nuer met sowat 3 miljoen mense, 15,6% van die bevolking.[6]
Tale
Suid-Soedan se amptelike taal is Engels, hoewel die 60 inheemse tale amptelike erkenning geniet.[26] Van die tale in Suid-Soedan is veral Nilo-Sahariese tale wat verder in verskeie takke verdeel word. Die belangrikste taal is Dinka wat deur amper 1,4 miljoen mense gebesig word, gevolg deur die nou verwante Nuer met byna 900 000 moedertaalsprekers.
Arabies was voorheen 'n amptelike taal in Suid-Soedan, maar is deur die regering geskrap. Suid-Soedan se Arabiese dialek staan bekend as Joeba-Arabies en is 'n lingua franca in dié land.
Die Suid-Soedanese regering het van Swahili die tweede amptelike taal, ná Engels, gemaak om sy betrekkinge met die Oos-Afrikaanse lande, waar Swahili 'n amptelike taal is, te verdiep. Suid-Soedan het Tanzaniese onderwysers genooi om Swahililesse in Suid-Soedanese skole aan te bied.[3][4]
Godsdiens
Die meeste Suid-Soedanese is Christene (60,5%), veral Rooms-Katolieke, gevolg deur Tradisionele Afrika-godsdienste (32,9%), Moslems (6,2%) en ander (0,4%).[27]
Remove ads
Deelstate
Deelstate van 2011 tot 2015

Bahr el Ghazal
Equatoria
Greater Upper Nile
Met onafhanklikheidswording in 2011 tot in 2015 het Suid-Soedan uit tien deelstate bestaan:
Deelstate van 2015 tot 2020

Bahr el Ghazal
Equatoria
Greater Upper Nile

Bahr el Ghazal
Equatoria
Greater Upper Nile
In 2015 is 28 nuwe deelstate gestig en in 2017 is vier deelstate nuutgestig, waarna Suid-Soedan uit 32 deelstate bestaan het. Van Eastern Nile is in 2017 die nuwe deelstate Northern Upper Nile met die hoofstad Renk en Central Upper Nile met die hoofstad Malakal afgestig. Dele van Latjoor is as Maiwut met die hoofstad Maiwut afgestig en van Gbudwe is die deelstaat Tumbura met die hoofstad Tumbura afgestig.
Nuwe deelstate en gebiede sedert 2020

Bahr el Ghazal
Equatoria
Greater Upper Nile
Sedert die ondertekening van 'n vredesooreenkoms op 22 Februarie 2020 word Suid-Soedan in tien deelstate en gebiede onderverdeel.[28]
Remove ads
Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads