Heilbron
dorp in die Vrystaat, Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Heilbron is 'n dorp in die Noordoos-Vrystaat, in Suid-Afrika.
Remove ads
Geskiedenis


In 1872 is die plaas Rietfontein aangekoop waarop 'n nuwe dorp uitgelê is. Erwe is in dieselfde jaar verkoop. Die dorp het sy naam van die sterk warmwaterbron daar naby verkry. Munisipale status is in 1890 toegeken. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was Heilbron die hoofstad van die Vrystaat toe President MT Steyn sy hoofkwartier daar gehad het. Toe die Britte die dorpie daarna beset het, het die regering na 'n koppie tussen Heilbron en Frankfort verskuif. Die koppie staan vandag nog bekend as Presidentkoppie.
Remove ads
Distrik
Die distrik is 3 580 km² groot. Gemengde boerdery word beoefen – mielies, koring, sorghum, sonneblomsaad, vee en suiwelprodukte. Vegkop, waar die Slag van Vegkop plaasgevind het, lê 25 km suid van die dorp.
Sien ook
Bronne
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads