Indus

From Wikipedia, the free encyclopedia

Indus
Remove ads

Die Indus (Sanskrit: सिन्धु; Oerdoe: دریائے سندھ, Darya-e Sindh; Hindi: सिन्धु नदी, Sindhu Nadi; Sindhi: سنڌو Sindhu; Panjabi: سندھ Sindh; Persies: Nilau "blou water" en Ab-e-sind "water van Sindh"; Arabies: نهر السند, Al-Sind; Tibettaans: སེང་གེ།་གཙང་པོ; Chinees: 森格藏布/狮泉河/印度河; Grieks: Ινδός Indós; Turks: Indus Nehri) is 'n groot suid-vloeiende rivier in Asië. Dié rivier, met 'n lengte van 3 200 km (2 000 myl), is die langste rivier in Suid-Asië en mond in die Arabiese See uit.[1] Saam met vier ander riviere kenmerk die Indus die streek Punjab, "die land van vyf riviere".

Thumb
Nasa-Satellietbeeld van die Indus
Kitsfeite

Die Indus ontstaan deur die saamvloei van die Sênggê Zangbo met verdere spruite in die Trans-Himalaja in die Chinese outonome gewes Tibet, naby die berg Kailash. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordwestelike rigting deur die omstrede en outonome Noord-Indiese deelstaat Jammu en Kasjmir en verder deur Pakistan. In die noorde van dié land maak die Indus 'n boog in 'n suidwestelike rigting en vloei deur die provinsies Punjab en Sindh. Hier bereik dié rivier die stad Hyderabad, die grootste stad aan dié rivier. Verder suid mond die Indus net suidoos van Karatsji in die Arabiese See uit.

Die Indus is die belangrikste rivier in Pakistan en word as lewenslyn van dié land beskou. Die rivier is veral bekend vir die antieke Indusvalleibeskawing en as oostelike grenslyn van Alexander die Grote se groot ryk. Na die Indus is die Indiese subkontinent, Indië en die Pakistanse provinsie Sindh genoem.

Remove ads

Sien ook

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads