Kuswoud van Maputaland

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kuswoud van Maputaland
Remove ads

Kuswoud van Maputaland is 'n WWF-ekostreek wat die kusstreke tussen die Mosambiekse stad Xai-Xai en Kaap St. Lucia in KwaZulu-Natal omvat.[1]

Kitsfeite
Remove ads

Die streek

Dié streek is meesal vlak en laer as 150 m hoogte geleë. Net aan sy wesrand in die Lebomboberge styg dit tot ongeveer 600 m. Hierdie berge vorm die ekostreek se grens.

Die klimaat is vogtig en subtropies. Aan die kus val 1000 mm per jaar neerslag. In die binneland verminder dit tot 600 mm, maar die Lebomboberge ontvang 'n bietjie meer, ongeveer 800 mm per jaar. Die somer is warm en nat, die winter koel en droog. Die gemiddelde temperatuur is rondom 22 °C. Daar is heelwat moerasse en mere. Die St. Luciameer beslaan 350 km² en die Sibayimeer, wat die grootste varswatermeer van Suider-Afrika is, beslaan 60 km². [1]

Remove ads

Flora

Op die Lebomboberge groei bos. Die kroon is 10 - 35 m hoog. Van die boomspesies is Chrysophyllum viridifolium, Homalium dentatum, Combretum kraussii en verskeie Ficus, Celtis en Strychnos spp. [1]

'n Besondere soort woud is die sandbosse wat groei op wat vroeër kusduine was, maar nou landwaarts geleë is. Hierdie soort bos is ryk aan boomspesies en het talle endemiese spesies, soos Vitex ferruginea subsp. amboniensis, Hyperacanthus microphyllus en Combretum mkuzense. In Mosambiek kom in die sandbos Afzelia quanzensis voor. Ander kenmerkende spesies is Cleistanthus schlechteri, Newtonia hildebrandtii, Hymenocardia ulmoides, Psydrax fragrantissima, Croton pseudopulchellus en Drypetes arguta.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads