Loftus Versfeld

stadium in Pretoria From Wikipedia, the free encyclopedia

Loftus Versfeld
Remove ads

Loftus Versfeld is 'n sportstadion in Pretoria, Suid-Afrika. Die stadion het sitplek vir 51 762 mense en het ook losies en 'n verskeidenheid ander fasiliteite. Dit is vernoem na Robert Loftus Owen Versfeld, die stigter van die Pretoriase sportorganisasie. Dit is die tuisveld van twee rugbyklubs (Blou Bulle en Bulls) en twee sokkerklubs (Kaizer Chiefs en Mamelodi Sundowns).

Kitsfeite Vorige name, Ligging ...

Klein verbouings is aangebring om Loftus Versfeld tydens die eerste en tweede rondtes van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 te kon gebruik.[1][2] Verligting van die veld, klanktoerusting, telborde en die stadion se dak is verbeter. Die opknappings is in Januarie 2009 voltooi.[3][4]

Die stadion se hoofingang is by Kirknessstraat 440, en is geleë in 'n driehoek tussen Arcadia, Sunnyside en Hillcrest, aangrensend aan die Universiteit van Pretoria en Afrikaanse Hoër Seunskool.

Remove ads

Fotogalery

Wedstryde en toernooie

Rugbywêreldbeker 1995

Meer inligting Datum, Span 1 ...

FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009

Meer inligting Datum, Tyd ...

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010

Meer inligting Datum, Tyd ...

Internasionale boks

Op 20 Oktober 1979, het die Suid-Afrikaanse swaargewigbokser, Gerrie Coetzee, die onoorwonne Amerikaanse swaargewig John Tate op Loftus uitgedaag vir die vakante WBA Wêreldswaargewigtitel voor 'n rekordskare van 80 000 toeskouers. Ondanks massiewe ondersteuning in die stadion het Coetzee met punte verloor teen die Amerikaner. Die duurste krytsitplekke is plat op die rugbyveld uitgeplaas, terwyl toeskouers op die (agterste) staalpawiljoene maar hul verkykers moes byderhand hou om die aksie te volg.

Musiekkonserte

Loftusstadion het reeds vele musiekbyeenkomste gehuisves, insluitend konserte deur UB40 en Robbie Williams se Close Encounters Tour op 17 April 2006 (bywoningstal meer as 60 000). Kanadese superster Celine Dion het ook haar Taking Chances Tour oor twee aande hier aangebied op 16 en 17 Februarie 2008 met 'n totale bywoning van ongeveer 80 000.

Vir die 1999-opvoering van Verdi se opera Aida, is honderde plaaslike "ekstras" ingespan as rugsteun vir internasionale musikante en sangers.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads