Malgassies

From Wikipedia, the free encyclopedia

Malgassies
Remove ads

Malgassies (Fiteny malagasy, [ˌmalaˈɡasʲ], ) is die taal van Madagaskar se inheemse Malgasse-volk en word deur sowat 18,1 miljoen mense gepraat. Saam met Frans vorm dit die amptelike tale van Madagaskar. Dit is die mees westelike en enigste in Afrika gebesige van die Austronesiese tale, wat hoofsaaklik in Asië en Oseanië gepraat word.

Thumb
Verspreiding van Malgassiese dialeke in Madagaskar
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien gerus Malgasse (volk).
Kitsfeite Malgassies Fiteny malagasy, Amptelike status ...

Taalkundiges klassifiseer Malgassies as 'n Maleis-Polinesiese taal wat nou verwant aan die Ma'anyan-taal van die eiland Borneo in Indonesië is, byna 7000 km ver van Madagaskar. Malgassies het saam met immigrante uit Suidoos-Asië na Madagaskar gekom. Dit is ietwat minder verwant aan Indonesies en Maleis en het daarnaas nog 'n los verbintenis met die tale van die Filippyne, waaronder Cebuano en Tagalog. Malgassies het met verloop van tyd leenwoorde uit Arabies en Swahili, maar ook later van Engels en Frans oorgeneem.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads