Indonesies

From Wikipedia, the free encyclopedia

Indonesies
Remove ads

Indonesies (Bahasa Indonesia, [baˈhasa indoneˈsia], ) is 'n Maleis-Polinesiese taal wat deur sowat 23 miljoen mense in Indonesië, Oos-Timor en Singapoer as moedertaal gepraat word. Dit is 'n gestandaardiseerde variante van Maleis en geniet amptelike status in Indonesië. Indonesies word deur sowat 175 miljoen as 'n tweede taal gepraat. In Oos-Timor is dit saam met Engels 'n werkstaal na die amptelike tale Tetoem en Portugees.

Thumb
Indonesiese padtekens in Djakarta, Indonesië
Thumb
Maleise padtekens in Maleisië
Thumb
'n Tolhek op Bali, Indonesië
Kitsfeite Indonesies Bahasa Indonesia, Amptelike status ...

In Indonesië word dit algemeen Bahasa Indonesia ("Indonesiese taal" of "taal van Indonesië") genoem, maar Bahasa Nasional ("Nasionale taal") en Bahasa Persatuan/Pemersatu ("Verenigende taal") is ook gebruiklike terme. In die streke van Sumatra en Riau, waar die taal inheems is, verwys die Indonesiërs ook na die taal as Bahasa Melayu.

Indonesies/Maleis is verwant aan Balinees, Bandjarees, Chamorro, Javaans, Madoerees, Minangkabau, Palauaans en Soendanees. Dit is ietwat minder verwant aan Filippynse tale soos Cebuano en Tagalog (Filippyns) en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads