Meitnerium
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Meitnerium is ’n superswaar, sintetiese element met die atoomgetal 109 en simbool Mt. Dit is ’n uiters radioaktiewe element. Die stabielste isotoop, meitnerium-278, het ’n halfleeftyd van 7,6 sekondes. Die Sentrum vir Swaarioonnavorsing,
Darmstadt, Duitsland, het dit in 1982 die eerste keer vervaardig. Dit is genoem na die Oostenrykse fisikus Lise Meitner.
In die periodieke tabel lê dit in die d-blok, in periode 7 en groep 9, hoewel geen chemiese eksperimente al uitgevoer is om te bevestig dat dit optree soos die swaarder homoloog van iridium net bo dit nie. Daar is bereken meitnerium het dieselfde eienskappe as sy ligter homoloë, kobalt, rodium en iridium.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads