Moerasvy

From Wikipedia, the free encyclopedia

Moerasvy
Remove ads

Die moerasvy (Ficus trichopoda) is 'n boom wat voorkom in die kus- en moeraswoude in noordelike KwaZulu-Natal waar dit soms op steltwortels staan wat uit die hooftakke groei. Die vye word tot 2.5 cm in deursnee en word in pare in die blaaroksels gedra. Die blare is groot – 15 x 12 cm – en helder blinkgroen met byna wit are. Die boom se FSA-nommer is 54.[1]

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Binomiale naam ...

Buite Suid-Afrika is die spesie inheems in Benin, Burkina Faso, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Gaboen, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kameroen, Madagaskar, Malawi, Mali, Mosambiek, Niger, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda en Zambië.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads