Kaaimansblom
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die kaaimansblom (Nymphaea nouchali var. caerulea), ook bekend as die Kaapse blouwaterlelie, is deel van die Nymphaeaceae familie. Dit is 'n waterplant met drywende blare en dik wortelstokke in die modder.
Remove ads
Verspreiding
Die spesie is inheems aan Angola, Botswana, Burundi, Comore-eilande, Demokratiese Republiek die Kongo, Egipte, Eswatini, Ethiopië, Jemen, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Oman, Palestina, Republiek die Kongo, Rwanda, Soedan, Somalië, Suid-Afrika, Tanzanië, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
In Suid-Afrika is die plant baie skaars en word aangetref in permanente vleie in die Wes-Kaap, vanaf Piketberg tot by Bredasdorp. Die plant het uitgesterf in die Kaapse Skiereiland. Die Suid-Afrikaanse spesies het net blou of pers blomme.
Remove ads
Bronnelys
- Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.
- PZA Sanbi
- Plants of the World Online
Eksterne skakel
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads